Ma’s moenie ophou om vir hulle kinders te bid nie
In die aanhangsel hierby spreek Niël Tait sy dankbaarheid uit oor sy ma wat nooit ophou bid en pleit het by die HERE vir haar seun se lewe nie, God gedurig herinner het aan Sy beloftes oor Niël se lewe nie, en God gevra het om radikaal in sy lewe in te gryp.
Twee van die Skriftuurplase van beloftes oor redding is: Jes 49:25 “… Ek is ‘n vyand van jou vyand en Ek sal jou kinders red.” en 2 Tim 4:18 “… Die HERE sal (my kinders) red van elke onheil en behoue in sy Hemelse Koninkryk bring.”
Hy laat val die klem verder op: Spreuke 18:21 “Dood en Lewe is in die mag van die tong ; en elkeen wat die graag gebruik sal die vrug daarvan eet.”
Niël se eie gebrek aan kennis van die Woord het hom die negatiewe dinge wat mense oor hom gespreek het, laat glo as waarheid en dit het hom byna vernietig.
Mense moet mekaar eerder seën soos wat God wil, as om negatief oor mekaar te spreek.
Hierdie hele getuienis gaan net oor God en Sy heerlikheid. Dit gaan nie oor my en jou nie, alles gaan net oor God.
Mag elkeen wat na hierdie getuienis luister se geloof gestig word…
GOD IS GOED, ALTYD GOED!

No comments:
Post a Comment