Powered By Blogger

Saturday, 30 July 2016

As God sê Hy voorsien, doen Hy!


Image result for cross
Ek moet hieroor getuig, want God sê Hy sal voorsien en Hy doen!

Ek het verlede maand gesaai in God se Koningkryk vir ‘n bediening wat geld nodig gehad het om voort te kan gaan met Evangelisasie. Ek het geweet dat my finansies knap is en dat ek dit nie regtig kan bekostig om die geld oor te betaal nie, maar ek het in my hart gevoel ek sal sonder die geld kan deurkom, en het die geld oorbetaal.

Nog voordat ek my eie kruideniersware gekoop het, het ek gehoor van ‘n familie in groot nood. Mense wat geen kos in hul huis het nie, ek het die oggend wakker geword en was honger, toe skielik se die Heilige Gees, “jy gaan eet want jy is honger, daardie mense is ook honger en het niks om te eet nie”. Ek het die broodblik toe gemaak, sonder om te eet en dadelik vir die mense geld oorbetaal om kos te gaan koop.

Weereens het ek geweet dat ek nie die maand my eie kruideniersware gaan kan koop nie, nie nadat ek twee betalings gemaak het wat ek weet ek nie kan bekostig nie, dit is vandag die 30st Julie, ek het hierdie maand net groente gekoop vir my eie huis, ek het Junie maand al uit vleis gehardloop. Hoe ongelooflik dit ook mag klink, het ons die hele Julie maand elke dag vleis gehad om te eet, hoe dit moontlik was sal net God weet, dit was net asof daar elke aand wanneer ek moes kook vleis in die yskas was.
My salaris word eers die 31ste inbetaal (more) wat op ‘n Sondag val so die fondse sal eers Maandag beskikbaar wees, ek het nog kos tot Maandag! Sonder dat ek enige vleis die maand gekoop het, en nadat ek ‘n skenking ontvang het van R800.00 laas Saterdag!  Met die skenking het elk die week melk en brood gekoop en kon ek nog iemand anders seen met R200.00 vir petrol.

God sê wat jy saai sal jy maai…en as jy met die regte gesindheid saai seen God jou oorvloedig. Ek het nie gesaai om te maai nie, ek het gesaai omdat ek  gevoel het ek wil die mense help, en omdat ek gehoorsaam was aan die Heilige Gees se stem toe Hy sê ek moet saai.

Ek wil aan ons Voorsiener God dankie sê dat Hy getrou is aan Sy Woord, want ek belowe dat net Hy weet hoe ek vleis in my lee yskas uitgehaal het hierdie maand en my eie gesin kon voed. Al die eer en lof kom God toe wat waarlik voorsien het omdat ek gehoorsaam was.

Groete
Annoniem

2Kor 14 Hy voer ons almal saam in Sy triomftog omdat ons een is met Christus, Deur ons versprei Hy kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.


Luk 9 Gelykenis van die 5 broode en 2 vissies – God is waarlik ‘n God van vermeerdering! Prys Sy Naam

Tuesday, 26 July 2016

Verhaal van geloof


Image result for cross


Lukas 11:9-13: "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer!"

Eerw. John Bisango, van Houston, vertel in sy boek, The Power of Positive Praying, dat sy vyfjarige dogtertjie, Melodye-Jan, hom kom vra het om vir haar 'n pophuis te bou. Hy het dadelik instemmend geknik en toe verder gegaan met die boek wat hy besig was om te lees.

Eenkeer kyk hy deur sy studeerkamer se venster en hy sien Melodye-Jan heen en weer tussen die agterplaas en die huis hardloop met arms vol speelgoed, poppe, borde, koppies, totdat sy 'n hoop speelgoed in die agterplaas opgestapel het.

Hy vra sy vrou daaroor. Sy antwoord met 'n glimlaggie: "Jy het belowe om vir haar 'n pophuis te bou en sy het jou geglo. Sy is nou net besig om haar daarvoor in te rig." Hieroor skryf hy: "You would have thought I'd been hit by an atom bomb. I threw aside that book, raced to the lumber yard for supplies, and quickly built that little girl a doll house."

Dan vra hy wat hom beweeg het om so vinnig die pophuis te gaan bou. En hy gee die antwoord, in sy eie woorde: "Her daddy had given his word, and she believed it and acted upon it. When I saw her faith, nothing could keep me from carrying out my word."

JAK 2:17  “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.”

JOH 14:12  “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal meer werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.”-Sjibbolet

Monday, 25 July 2016

From Trick Baby to King's Son


Halleluja! King of all Kings...

Image result for cross


You were born with a purpose! God chose you before you were even born!

Glory to God Almighty!








Saturday, 23 July 2016

God maak nie dood nie!


Image result for cross




Ek het opnuut tot hierdie besef gekom toe ek ‘n paar jaar gelede voor my 23-jarige stiefdogter (Imari) se oop graf gestaan het. Sy is enkele dae vantevore aan hartversaking oorlede.

En onmiddellik was daar weer die normale: “Dit was maar seker die Here se wil”, of: “Hy het die mooiste blommetjie gepluk om in Sy tuin te plant” van mense se kant af.  Nee weet jy, ek glo dit lankal glad nie meer nie. Daarom het ek reeds ongeveer ‘n paar jaar gelede ‘n boek geskryf met die titel: “God is nie in die doodmaak besigheid nie”. En het ek ook ‘n DVD uitgebring met die titel: “God maak nie dood nie”

Waar kom ek daaraan? Ek lees maar net woord vir woord wat bepaal die Bybel. In Johannes 8:44 sien ek Jesus Christus is aan die woord en Hy sê onomwonde: “…die duiwel… Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af…” Dit is nie sommer enige mens wat hier praat nie, maar Jesus Homself. En wie is Jesus? Hy is God! En wat sê Hy? Hy sê SATAN is ‘n mensemoordenaar VAN DIE BEGIN AF. Van watter begin af? Van Kain en Abel af.

In Johannes 10:10 is Jesus weer aan die woord en Hy sê: “Die dief (satan) kom NET om te steel en te slag (Eng.- ”kill”) en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Jesus Christus Homself sê vir my dat SATAN die een is wat ‘n mensemoordenaar is van die begin af en dat hy gekom het NET om te steel, verwoes en dood te maak. Maar dan kom ons as mense by so 'n hartseergeleentheid en ons wil onmiddellik vir God die skuld gee vir daardie persoon se dood. God Homself sê satan maak dood, maar die mense sê God maak dood. En dan glo ons die mense...

Dit was nie God wat daardie persoon doodgemaak het nie! Dit was satan! En dan wil hy hê ons moet vir God beskuldig daarvoor. Sodoende wil hy veroorsaak dat van die familielede wat agterbly, later so kwaad is vir God oor hulle geliefde/s se afsterwe, dat hulle uiteindelik niks meer met God te doen wil hê nie. Daar bestaan ook nie so iets dat dit “…die Here behaag het om… van ons weg te neem…” nie. Hoe kan ek dit sê? Ek lees weer eens net die Bybel. Esegiël 18:32 bepaal: “Want Ek het GEEN behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE.”

Dit is mos 'n teenstrydigheid om vir iemand te sê: “God het jou kind/broer/man/vrou doodgemaak, gaan vind nou jou berusting by God”. Geen mens sal vir berading na daardie een persoon toe gaan wat fisies die dood van sy of haar geliefde veroorsaak het nie. Maar die oomblik wat ek die waarheid vanuit die Woord snap dat dit nie ons wonderlike Hemelse Vader was wat ons geliefde/s “doodgemaak” het nie, maar wel die satan wat sy of haar “vlees” “verderf” het (volgens 1 Korinthiërs 5:5 (1933-vertaling)), kan ek nou met my hartseer en my rou op God se skoot gaan klim en al my trane teen Sy bors gaan uithuil.

Ek weet wel een ding – die oomblik toe die satan Imari se “vlees verderf” het, was die engele in haar kamer om haar GEES reguit hemel toe te neem! Hoe kan ek so seker wees? Want sy het 'n keuse gemaak, en het die Here liefgehad met haar hele hart en het Hom veral die laaste paar maande van haar lewe met 'n passie begin dien. Dus het God haar nie doodgemaak nie, dit het satan en sy bose magte reggekry, maar God het net haar gees “huis toe gevat”. Na die plek toe waar sy as Sy kind behoort. Daar waar sy nou in onverganklike heerlikheid vir ons almal wat ook vir God 'n keuse gemaak het, wag.

Maar juis omdat so baie mense vir baie jare nie die teenstrydigheid kon insien nie, is daar baie mense wat effektief van God af weggedraai het ná die afsterwe van hulle geliefde/s. Wat veroorsaak dit? Hulle geliefdes wat Jesus geken en gedien het, wag vir hulle voor God se troon om die ewigheid saam met hulle te kan wees, maar omdat die agtergeblewenes weggedraai het nadat hulle begin glo het dit was God wat daardie geliefdes doodgemaak het, eindig hulle in die ewigheid op 'n ander plek. 'n Plek van smarte, ver verwyder van God en van hulle geliefdes.

Kyk gerus na nog een laaste teksvers indien jy my nog nie glo nie: 2 Samuel 14:14: “Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en GOD NEEM DIE LEWE NIE WEG NIE …”

Liewe vriend & vriendin, as jy tot dusver nog gewroeg het met daardie teenstrydigheid in jou ná 'n geliefde se dood, kan ek net bid dat hierdie kort artikel jou gehelp het om tot ander insigte te kom, en met nuwe oë na ons wonderlike Hemelse Vader te kyk.

Hoor wat sê Hy vir jou en vir my in Jeremia 29:11: “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n HOOPVOLLE TOEKOMS te gee.” Ek en my familie weet dat ons 'n hoopvolle toekoms het om eendag in alle ewigheid saam met Imari te wees. Juis omdat ons almal ook al, soos sy, 'n keuse vir Jeus gemaak het. Weet jy dit al?

Die enigste manier hoe jy kan seker wees dat jy ook eendag saam met jou geliefdes kan wees wat alreeds dood is, is om Jesus Christus ook as jou Verlosser, Redder en Saligmaker aan te neem. Hoe? Deur gou die volgende gebedjie hardop te bid, net daar waar jy sit: “Here Jesus, ek weet en erken dat ek 'n sondaar is. Ek bely nou en hier al my sondes voor U, my verkeerde gedagtes, verkeerde woorde en verkeerde dade. Here, U ken tog alles. Ek bely dit as sonde en ek vra U om my te vergewe. Dankie Jesus dat ek kan weet U vergewe my nou. Open asseblief U Woord vir my en leer my om van vandag af alles te onderhou wat U in U Woord bepaal, sodat ek ook gehoorsaam aan U kan lewe. Dankie Here dat ek nou kan weet, wanneer ek die dag sterwe, sal ek ook in ewigheid saam met my geliefdes wees wat my reeds voorgegaan het in U Hemelse Koninkryk in. Halleluja! Amen.”

As jy dit nou gedoen het, weet ek dat Imari saam met duisende engele voor die troon van God juig omdat jy nou ook eendag saam met ons en hulle almal in daardie onverganklike heerlikheid sal wees! Prys Jesus vir jou keuse!

In liefdevolle herinnering aan IMARI PRINSLOO, prinses van God.

8 April 1984 – 20 April 2007

tiaan gildenhuys (tg@oicb.co.za)

tiaan

(Geplaas met toestemming van Tiaan)

Friday, 15 July 2016

"The Birdies"


Image result for cross


On July 22nd I was enroute to Washington, DC for a business trip. It was all so very ordinary, until we landed in Denver for a plane change. As I collected my belongings from the overhead bin, an announcement was made for Mr. Lloyd Glenn to see the United Customer Service Representative immediately. I thought nothing of it until I reached the door to leave the plane, and I heard a gentleman asking every male if they were Mr. Glenn. At this point I knew something was wrong and my heart sunk. When I got off the plane a solemn faced young man came toward me and said, "Mr. Glenn, there is an emergency at your home. I do not know what the emergency is, or who is involved, but I will take you to the phone so you can call the hospital."

My heart was now pounding, but the will to be calm took over. Woodenly, I followed this stranger to the distant telephone where I called the number he gave me for the Mission Hospital. My call was put through to the trauma center where I learned that my three year old son had been trapped underneath the automatic garage door for several minutes, and that when my wife had found him he was dead. CPR had been performed by a neighbor, who is a doctor, and the paramedics had continued the treatment as Brian was transported to the hospital. By the time of my call, Brian was revived and they believed he would live, but they did not know how much damage had been done to his brain, nor to his heart.

They explained that the door had completely closed on his little sternum right over his heart. He had been severely crushed. After speaking with the medical staff, my wife sounded worried but not hysterical, and I took comfort in her calmness.

The return flight seemed to last forever, but finally I arrived at the hospital six hours after the garage door had come down. When I walked into the intensive care unit, nothing could have prepared me to see my little son lying so still on a great big bed with tubes and monitors everywhere. He was on a respirator. I glanced at my wife who stood and tried to give me a reassuring smile. It all seemed like a terrible dream. Doctor's filled me in with the details and gave a guarded prognosis. Brian was going to live, and the preliminary tests indicated that his heart was OK, two miracles in and of themselves. But only time would tell if his brain received any damage.

Throughout the seemingly endless hours, my wife was calm. She felt that Brian would eventually be all right. I hung on to her words and faith like a lifeline. All that night and the next day Brian remained unconscious. It seemed like forever since I had left for my business trip the day before.

Finally at two o'clock that afternoon, our son regained consciousness and sat up uttering the most beautiful words I have ever heard spoken. He said, "Daddy hold me" and he reached for me with his little arms. By the next day he was pronounced as having no neurological or physical deficits, and the story of his miraculous survival spread throughout the hospital. You cannot imagine our gratitude and joy. As we took Brian home, we felt a unique reverence for the life and love of our Heavenly Father that comes to those who brush death so closely.

In the days that followed there was a special spirit about our home. Our two older children were much closer to their little brother. My wife and I were much closer to each other, and all of us were very close as a whole family. Life took on a less stressful pace. Perspective seemed to be more focused, and balance much easier to gain and maintain. We felt deeply blessed. Our gratitude was truly profound.

The story is not over

Almost a month later to the day of the accident, Brian awoke from his afternoon nap and said, "Sit down mommy. I have something to tell you." At this time in his life, Brian usually spoke in small phrases, so to say a large sentence surprised my wife. She sat down with him on his bed, and he began his sacred and remarkable story.

"Do you remember when I got stuck under the garage door? Well, it was so heavy and it hurt really bad. I called to you, but you couldn't hear me. I started to cry, but then it hurt too bad. And then the 'birdies' came."

"The birdies?" my wife asked puzzled. "Yes," he replied. "The birdies made a whooshing sound and flew into the garage. They took care of me." "They did?" "Yes," he said. "One of the birdies came and got you. She came to tell you I got stuck under the door." A sweet reverent feeling filled the room. The spirit was so strong and yet lighter than air. My wife realized that a three year old had no concept of death and spirits, so he was referring to the beings who came to him from beyond as "birdies" because they were up in the air like birds that fly.

"What did the birdies look like?" she asked. Brian answered, "They were so beautiful. They were dressed in white, all white. Some of them had green and white. But some of them had on just white." "Did they say anything?" "Yes," he answered. "They told me the baby would be all right." "The baby?" my wife asked confused. Brian answered. "The baby laying on the garage floor." He went on, "You came out and opened the garage door and ran to the baby. You told the baby to stay and not leave." My wife nearly collapsed upon hearing this, for she had indeed gone and knelt beside Brian's body and seeing his crushed chest whispered, "Don't leave us Brian, please stay if you can." As she listened to Brian telling her the words she had spoken, she realized that the spirit had left his body and was looking down from above on this little lifeless form.

"Then what happened?" she asked. "We went on a trip." He said, "Far, far away." He grew agitated trying to say the things he didn't seem to have the words for. My wife tried to calm and comfort him, and let him know it would be okay. He struggled with wanting to tell something that obviously was very important to him, but finding the words was difficult. "We flew so fast up in the air. They're so pretty Mommy," he added. "And there is lots and lots of birdies."

My wife was stunned. Into her mind the sweet comforting spirit enveloped her more soundly, but with an urgency she had never before known. Brian went on to tell her that the "birdies" had told him that he had to come back and tell everyone about the "birdies." He said they brought him back to the house and that a big fire truck, and an ambulance were there. A man was bringing the baby out on a white bed and he tried to tell the man that the baby would be okay, but the man couldn't hear him. He said the birdies told him he had to go with the ambulance, but they would be near him. He said they were so pretty and so peaceful, and he didn't want to come back.

Then the bright light came. He said that the light was so bright and so warm, and he loved the bright light so much. Someone was in the bright light and put their arms around him, and told him, "I love you but you have to go back. You have to play baseball, and tell everyone about the birdies." Then the person in the bright light kissed him and waved bye-bye. Then woosh, the big sound came and they went into the clouds. The story went on for an hour. He taught us that "birdies" were always with us, but we don't see them because we look with our eyes and we don't hear them because we listen with our ears. But they are always there, you can only see them in here (he put his hand over his heart). They whisper the things to help us to do what is right because they love us so much.

Brian continued, stating, "I have a plan, Mommy. You have a plan. Daddy has a plan. Everyone has a plan. We must all live our plan and keep our promises. The birdies help us to do that cause they love us so much." In the weeks that followed, he often came to us and told all, or part of it, again and again. Always the story remained the same. The details were never changed or out of order. A few times he added further bits of information and clarified the message he had already delivered. It never ceased to amaze us how he could tell such detail and speak beyond his ability when he talked about his birdies. Everywhere he went, he told strangers about the "birdies." Surprisingly, no one ever looked at him strangely when he did this. Rather, they always got a softened look on their face and smiled.

Needless to say, we have not been the same ever since that day, and I pray we never will be.
END OF TRUE STORY

Job 33:23 Angels will come to his aid.

Ps 96: 3 Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders

Sunday, 3 July 2016

Van heksery tot Koningsdogter!

Image result for cross

Jesus knak my!


Ek wil nie my eie naam gebruik nie, vir redes wat ek nie nou wil noem nie.

Ek was betrokke by okkultiese groep mense, betrokke by “magic spells”, ek het geglo dat ek energie ontvang van geeste (onrein geeste). Ek het so ver gegaan om geeste op te roep, en hulle in te nooi om besit te neem van my sodat hulle my krag en energie kan gee. Ek het geglo met hulle energie kan ek mense genees.
Jesus, vir my was nie die Seun van God nie, Hy was net iemand wat ‘n voorbeeld was vir ons, ek het geglo dat ek mense genees soos Hy mense genees het, deur my energie wat ek van onrein geeste ontvang het.

My lewe was ‘n gemors, ek was op staat, ek het dwelms gebruik, en dagga vir my was die regte ding om te doen, omdat dagga jou ook energie gee om te vergeet van alles wat om jou aangaan, die lewe en die seer van die lewe was onderdruk deur dagga. Ek was seksueel gemolisteer deur my oupa en oom as klein dogtertjie
Ek het ‘n vriend ontmoet wat my blootgestel het aan hierdie wereld waarin ek verval het,op 16 het ek saam hom weggeloop Port Elizabeth toe, op 17 was ons dogtertjie gebore.

Ons dogtertjie is 2 jr oud, sy bly by haar pa se ouers, ek kon nie na my eie kind kyk nie, die verlange na haar was baie groot maar ek het geglo dat sy beter af is sonder my in haar lewe. My eie pa het ek nooit gesien nie, hy het nog nooit in my belanggestel as mens nie, na my ouers se egskeiding is hy weer getroud en sy nuwe vrou soek my nie naby haar nie.

My ma is ook weer getroud en my stiefpa het my (nie net vir my nie, my ma en stief boetjie en sussie ook) mishandel en afgebreek. Ek het hom met ‘n passie gehaat vir wie en wat hy is. Toe my ma besluit sy los hom het ons in ‘n woonstelletjie getrek, al wat ons besit het was ‘n matras, nie eens ‘n gordyn voor die vensters nie. Ons al 4 het ‘n dubbelbed matras gedeel, my ma het donasies van mense gekry en ons het begin om ons eie “huis” te bou. My ma is ‘n groot Christen, en het alles probeer om my reg te help maar daar was geen salf aan my te smeer nie, ek was opstandig en rebels.

Op my laaste besoek aan my ma, het ons gesels en ek het vir haar gesê dat ek emosioneel net wil genees, sy het voorgestel dat ek hierdie tannie gaan sien wat haar gehelp het. Ek het ingestem en die afspraak was gemaak vir die Dinsdagmiddag 4uur.

By die tannie gekom het sy geluister na my verhaal, en gesê sy kan my nie genees nie, net die Here kan! Ek het my gewip en geantwoord dat ek net gekom het om emosioneel te genees, nie om te hoor van God en Jesus nie, ek wil net die seer weg he. Ek wil nie oortuig word dat ek verkeerd is nie, nog minder stel ek belang in Christenskap. Die tannie het verduidelik dat ek hel toe gaan as ek Jesus nie aanneem nie, my antwoord aan haar was, dan gaan ek hel toe, maar van Christen word kan sy vergeet.

Vandag, bedank ek die Here vir hierdie tannie, dat sy baklei het vir my siel! Ek het nooit gedink dat ek van siening sal verander nie, Christenskap vir my was die grootste klug wat daar nog ooit in die lewe was.

Sy het gevra kan sy vir my bid, en gesê, “Maar ek bid vir Jesus” Ek het geantwoord dit is reg. Toe die tannie begin bid, het ek onsettend begin huil, sy het opgehou bid en gevra “Hoekom huil jy?” Ek het geantwoord “Ek weet nie, ek voel net die grootste liefde binne my wat ek nog ooit beleef het” Die tannie het langs my stoel gekniel en vir my gesê “ My kind, wat jy beleef is die liefde van Jesus, ten spyte van die feit dat jy hom nie wil ken nie, het Hy jou nogsteeds so lief, dat Hy jou sal genees van jou hartseer, Hy is Liefde en wat jy ervaar op die oomblik is Sy liefde….wil jy Hom nie maar aanneem as jou Verlosser dat Hy jou ten volle vry kan maak nie?”

Die sagtheid van haar stem, en die gevoel wat ek binne my ervaar het, het my geknak, ek het gehuil soos ‘n baba en net my kop geskud. Die tannie het gevra of ek die besluit neem omdat sy so sê, of omdat dit ‘n hartsbegeerte is? Ek het binne my gevoel ek soek Jesus en het vir haar gesê “Ek wil Jesus aanneem” Sy het dat ek agter haar aansê dat ek Jesus aanneem as my Verlosser en Saligmaker, dat ek glo aan die Kruisdood vir my en dat Jesus opgestaan het en sit aan die regterhand van God en dat Hy die Heilige Gees gestuur het as ons Trooster, hierna het sy begin bid. Ek was vol onrein geeste. Die tannie het gebid en later my ma gevra om saam haar te bid.

Toe alle geeste uit is, het sy gebid dat God my vul met Sy Gees.

Ek het 2 dae later vir die tannie ‘n “voice message” gestuur en vir haar dankie gesê dat sy aanhou veg het vir my, my bevryding het 4ure geneem voordat ek eers vry was van al die geeste. Sy het geantwoord dat ek Jesus moet bedank en dat sy onsettend bly is vir my dat ek die stap geneem het, dat ek die Bybel moet lees, en aanhou met bid, en as ek enige hulp nodig het dat ek haar kan kontak.
Dit is nou eers ‘n week later, maar die gevoel van “sweef” het nog nie opgehou nie, die vryheid en verligting wat ek binne my voel is onbeskryflik, dieselfde met die liefde wat ek binne my ervaar. Wanneer Jesus liefde binne jou is, maak dit nie saak of jou eie pa jou nie wil ken nie, en wat die wêreld van jou dink nie….wanneer jy Jesus liefde binne jou ervaar, is jy waarlik vry van alle dinge.

Ek kan nie genoeg Bybel lees nie, ek wil alles weet van my Verlosser, en ek wil binnekort gedoop word. Ek bedank Jesus vir Sy Liefde om my te red, ten spyte van die feit dat ek Hom nie wou ken nie. Ek dank God vir hierdie tannie wat met soveel liefde met my gewerk het en my nie veroordeel het nie, ek dank die Here vir alles wat met my gebeur het laas Dinsdagaand want ek stem saam met die tannie, net Jesus kan mens waarlik vry maak van alles….van haat, hartseer, minderwaardigheid tot satan!

Dankie Jesus!!


Die Here voorsien finansiëel


Image result for cross


Ek is ‘n geskeide moeder met 3 mondjies om te voer asook myself. Ek het geen kos is in my huis nie asook geen inkomste behalwe die onderhoud wat die kinders se pa betaal, wat basies moes gaan vir water en ligte ens.

Ek is moedeloos en weet nie wat om te doen nie, my gemoed is laag, ek het aansoek gedoen vir ‘n werk maar nie die pos gekry nie. Die Saterdagmiddag val ek op my kniee neer en bid, ek vra die Here om asb my hart en omstandighede raak te sien, om te sien dat ek kinders het wat honger is, ek vra vir uitkoms in die situasie waarin ek is, nie omdat dit my wil is nie maar omdat Hy ons Voorsiener is, ek bid met vertroue dat Hy in beheer sal wees van alles in ons lewens, van finansies tot werksgeleentheid, tot ons saligheid, want ons is Sy kinders.

Ongeveer 5uur die middag bel ‘n vriend om te hoor hoe dit gaan, hy hoor dat ek “af” is, maar ek verduidelik nie vir hom wat die omstandighede is nie. Hy vertel my dat hy by vriende gaan braai die aand, en ons groet.
Omtrend 15minute later ontvang ek ‘n sms. Daar is R1000.00 in my rekening betaal. My eerste reaksie was skok! Ek kon dit nie glo nie! My 2de reaksie is waar kom dit vandaan? Skielik dink ek aan Jan, en stuur vir hom ‘n boodskap en vra het hy geld in my rekening betaal? Hy antwoord en sê “ Terwyl ek in die stort staan sê die Here vir my, betaal R1000.00 in jou rekening, so toe doen ek dit toe ek uit die stort kom”
Ek het hom bedank, en hy het geantwoord, “Moet my nie bedank nie, bedank Jesus! Hy was die Een wat gesê het ek moet dit vir jou oorbetaal, en ek weet dat as ek seen, sal Hy my weer seen”

God is en bly ons Voorsiener, maak nie saak of Hy werksgeleentheid voorsien, of mense gebruik om ons te help nie, God het Sy eie manier van dinge doen sowel as Sy eie tyd waarop Hy dinge doen, al wat ons moet doen is om in geloof te staan dat Hy wel sal deurkom vir ons. Dit is vandag ‘n paar jaar later, en ek sê nogsteeds dankie dat Hy altyd beter weet, beste tydsberekening het, en dat daar nog mense is wat gehoorsaam is aan Sy stem.

Jan wou niks weet van die geld terug betaal nie, en sy redenasie is as ek die geld aan hom terug betaal steel ek die sëening wat God vir hom in stoor het.
Die Woord sê : God is getrou en sal ons nooit verlaat nie, dat ons moet opkyk na Hom, Hy is die een waar ons hulp vandaan kom, en dit is die Waarheid! God se Woord kan nie leeg na Hom terug gaan nie, maar moet doen wat Hom behaag, en ek dank Hom dat ons Sy kinders kan wees en dat ons onvoorwaardelik op hom kan vertrou vir alles en met alles, ons moet net sterk geloof hê, en geduldig wag vir Sy perfekte tyd!
Ek hoop dat my situasie iemand anders in dieselfde situasies sal help om op God te vertrou en nie jou eie oplossing te gaan soek nie, maar te wag totdat God jou help. As ons in geregtigheid is met God, sal Hy die deurbrake vir ons gee wat ons nodig het.

Alle lof aan ons Koning en lewende God!

SPREUKE 10:22  Die seën van die HERE, dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

God voorsien ‘n vrou!


Image result for cross




Ek het ‘n baie mooi vriend wat sy vrou verloor het weens siekte. Hennie is een van daai mense wat jou kan laat skaterlag, maar wat net so ernstig met jou kan gesels,oor Godsdiens, die lewe of enige onderwerp wat daar is, iemand wat elke persoon wil hê as ‘n vriend, maar hy is eensaam, en smag na ‘n vrou wat hom kan geselskap hou en hom kan liefhê soos wat hy en sy vrou mekaar liefgehad het.

Ek het lank vir hom gebid dat God vir hom die regte vrou moet stuur, ek het aanhou bid sonder ophou, maar hom nooit gese dat ek vir hom bid nie. Wanneer ons gepraat het en ek sy eensaamheid gesien of gehoor het, het ek altyd vir hom gesê vertrou die Here, Hy wil jou hartsbegeerte vir jou gee!

Op ‘n dag, sommer so uit die bloute, hoor ek Hennie gaan trou! Hy het ‘n pragtige Christlike vrou op facebook ontmoet, en het ure lank gesels en besluit om te ontmoet, 3 weke later was die twee so verlief dat sy kennis gegee het by haar werk en dat sy begin pak het om na hom te trek. Ek persoonlik het gedink dit is te vinnig maar ek het niks vir hom gesê van my gevoelens nie, maar ek was tog bekommerd omdat hy ‘n suksesvolle sake man is, en het gewonder is die vrou nie dalk net agter sy geld aan nie, dit sou my breek as hy moes seerkry.

Eendag het ek weer gebid oor die situasie en duidelik hoor ek hoe God vir my sê, maar jy het dan gebid dat Ek vir hom ‘n vrou moet stuur!

Hulle is nou al 8jaar gelukkig getroud! Prys die Here vir Sy Liefde en omdat Hy Liefde is, wil Hy ons liefdeslewe ook seen! Die Insteller van die huwelik wat elke huwelik sal sëen waar Jesus die hoof van die huwelik is!

Dankie God van Liefde vir U Liefde, nimmer eindigend!

1 JOH 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

God beskerm ons teen rowers op ons plaas


Image result for cross



Op 30 April hierdie jaar is ek en my vrou, rondom vyfuur die middag op die plaas waar ons buite Weenen in KwaZulu-Natal bly deur vyf gewapende rowers oorval. Hulle het ons een hond geskiet, ons vasgebind en die huis ingeneem. Hier het hulle ons teen ’n muur laat staan terwyl hulle ons heeltyd vloek en skel en dreig om ons te vermoor.

“Die rowers het my vuurwapens en ons winkeltjie se voorraad geld uit die kluis verwyder. Hierna het hulle my vrou met ’n mes teen haar keel na ’n ander kamer geneem terwyl ’n pistool teen my nek gehou word. Al wat ek kon doen was om te bid. Ek het God gevra om ons te vergewe, beskerm en te kalmeer. Ook dat Hy die beheer van die situasie sal oorneem. Ek dink soms ons onderskat die krag wat lê in die Onse Vader gebed. Wanneer ons God aanroep hoor Hy.

“Die rowers het my vrou na my teruggebring. Ek het na haar gekyk gedraai en gesê: “Maak nie saak wat gebeur nie, ons sal mekaar nog vanaand in die hemel vashou.” Van daardie oomblik af was dit asof iets in die atmosfeer begin bedaar. Die rowers het ons selfs met meer respek begin behandel. Nadat hulle in die huis rondgesoek het vir geld en niks gekry het nie, het hulle ons agter in ons eie motor gelaai met die gesteelde items bo-op ons. Ná ’n rit van sowat 45 minute, het hulle in die veld gestop.

“Ek het gedink dat hulle ons hier sou vermoor. In stede daarvan het die rowers die motor met lappe afgevee, die toue waarmee ons vasgebind was losgemaak, my beursie met bankkaarte, bestuurslisensie en selfs my geld daarin vir my teruggegee en my vrou voorin die motor gehelp. Hierna het hulle na my gekyk met die woorde: ‘Mr Niemand, please go.’ Ons was vry om te gaan. Hulle het selfs vir ons die pad terug verduidelik!

“Ons het teruggekeer huis toe sonder enige liggaamlike skade. Ook ons hond wat geskiet was het oorleef. Na dié gebeurtenis bestaan daar absoluut geen twyfel by my dat God almagtig en goed is nie. Hy hoor wanneer ons na Hom roep en Hy is dáár. Sy liefde vir ons is groot. Alle eer aan Hom!”

Rudolf is reg. Nie een van ons is gevrywaar van uitdagings soos hierdie wat ons pad mag kruis nie. Ons leef in ’n gebroke wêreld en die vyand soek na maniere om ons seer te maak en aan te val. Tog lees ons in Psalm 121: 1-5,7-8: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. . . Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.”

God sluimer of slaap nie. En sy arm is verseker nie te kort om ons te help en sy oor nie te doof om ons gebede te hoor nie. Ek sal nie verbaas wees as die plaashuis op Weenen gevul was met engele die oomblik toe Rudolf na God begin roep het nie. Kom ons kyk doelbewus in die vervolg weg van die vrese in ons lewens en herinner onsself dat wanneer ons God se Naam aanroep in ons oomblikke van nood, Hy daar is – reg om ons te beskerm. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek nie in vrees vir my eie of my geliefdes se veiligheid hoef te leef nie. Beskerm ons asseblief vandag en maak my bewus van u teenwoordigheid. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus.
Amen
Tascha

Ps 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor, in die nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.