Ons eet gister by Mugg&Bean en die Bruin meisietjie wat ons bedien vertel op my vrae hoe haar pa en sy broer, en sy
seuns en nefies almal deel is van die bendes in die Kaap en hoe haar ma (onderwyseres) met die twee dogters gevlug het uit
die Kaap na Kimberley drie jaar gelede. Andrea vertel sy en haar sussie en ma is kds van die HERE en in die AGS. Ai, ek het
hulle so jammer gekry. Die ma moes met die 2 dogters vlug anders was hulle ook al verkrag of vermoor. Sy het werk as
onderwyseres in Kimberley gekry.
So bring ek maar oral die Evangelie en kom soms op die aangrypendste verhale af. Toe ek vir Andrea sê hoe trots ek op
haar ma is en haar waardeer, toe loop die trane. Ai, daar is soveel seer rondom ons.
Ons moet oral getuig en bemoedig, net waar ons geleethede kry. Daar is die wat gered moet word en andeer wat ons
moet bemoedig. ‘n Toebroodjie en koffie was lanklaas so heerlik soos gister.
Die HERE se Goedheid en Guns, vergesel julle. - Johann

No comments:
Post a Comment