Vrede in Vredehoek
Die Kaapse buurt se naam is Vredehoek, maar in die praghuis van die 90-jarige Duitser was geen vrede nie.
Hy bly in die kelderverdieping van sy huis. Hy slyp halfedelgesteentes, die mooiste werk ooit. Sy seun woon bo in die huis. Hy verkoop sy pa se stene. Pa en seun lewe egter al baie jare lank in haat jeens mekaar. Die kelderverdieping lyk soos iets uit die Middeleeue.
‘n Gehoorsame gelowige vrou, een van ons getroue lesers, het ‘n tyd gelede met die pa en seun kennis gemaak. Dit was moeilik,
die Duitser obsternaat, erg doof met ‘n verterende haat jeens sy seun en God.
Sy vertel: God het deur my briewe en liefdestakies hom bedien en die Woord laat lewend word, onbaatsugtg, onvoorwaardelik.
Die pa en seun het lewe van mekaar gesteel. Die seun en sy vrou het geen kinders nie en hy is die enigste seun. Die ouman het homself as 'n dooie boom gesien.
Die Here het my in 'n visie gewys hoe die ouman die trappe opklim Hemel toe en hoe Jesus hom inwag.
Onlangs beland die ouman in die hopsitaal. Toe ek by die hospitaal kom, vra hy hoe ek daar uitgekom het, want hy het gewag vir my! Jesus het ons gestuur.
Hierdie man was 'n geslypte seun van God, want hy sê in sy eie woorde, 'all my life I tried to live by what is right and what is wrong' en tog kon hy nie die liefde na sy seun deurgee nie. Hy het so hard probeer om perfek te wees – en perfeksionisme nagestreef in alles.
Sy seun, is ‘n patetiese figuurtjie, geboeë en gebreek deur die verloop van die lewe. Sy pa is geskei van sy ma toe hy jonk was.
En tog word die 90-jarige ouman getrek deur God se genade sodat hy op sy sterfbed die Waarheid sien en sy hart getransformeer word deur drie woorde: 'I forgive you!
Die woorde ontbreek my om dit te beskryf: Hoe die transformasie sigbaar in trane oor hulle gemanifesteer het in daardie wonderlike oomblik van vergifnis en genade.
Dit was Glorieryk!
En hy is steeds nie dood nie! Dit is asof die Here nou 'n tyd gegee het waarin hulle verlore tyd moet opvang in 'n splinternuwe verhouding!
Loof die Here!!
Wandel in die liefde. Efes. 5:2
‘n Nuwe verbond gee ek julle, om mekaar lief te hê. Joh. 13:34; 15-17

No comments:
Post a Comment