Powered By Blogger

Sunday, 3 July 2016

Die Here voorsien finansiëel


Image result for cross


Ek is ‘n geskeide moeder met 3 mondjies om te voer asook myself. Ek het geen kos is in my huis nie asook geen inkomste behalwe die onderhoud wat die kinders se pa betaal, wat basies moes gaan vir water en ligte ens.

Ek is moedeloos en weet nie wat om te doen nie, my gemoed is laag, ek het aansoek gedoen vir ‘n werk maar nie die pos gekry nie. Die Saterdagmiddag val ek op my kniee neer en bid, ek vra die Here om asb my hart en omstandighede raak te sien, om te sien dat ek kinders het wat honger is, ek vra vir uitkoms in die situasie waarin ek is, nie omdat dit my wil is nie maar omdat Hy ons Voorsiener is, ek bid met vertroue dat Hy in beheer sal wees van alles in ons lewens, van finansies tot werksgeleentheid, tot ons saligheid, want ons is Sy kinders.

Ongeveer 5uur die middag bel ‘n vriend om te hoor hoe dit gaan, hy hoor dat ek “af” is, maar ek verduidelik nie vir hom wat die omstandighede is nie. Hy vertel my dat hy by vriende gaan braai die aand, en ons groet.
Omtrend 15minute later ontvang ek ‘n sms. Daar is R1000.00 in my rekening betaal. My eerste reaksie was skok! Ek kon dit nie glo nie! My 2de reaksie is waar kom dit vandaan? Skielik dink ek aan Jan, en stuur vir hom ‘n boodskap en vra het hy geld in my rekening betaal? Hy antwoord en sê “ Terwyl ek in die stort staan sê die Here vir my, betaal R1000.00 in jou rekening, so toe doen ek dit toe ek uit die stort kom”
Ek het hom bedank, en hy het geantwoord, “Moet my nie bedank nie, bedank Jesus! Hy was die Een wat gesê het ek moet dit vir jou oorbetaal, en ek weet dat as ek seen, sal Hy my weer seen”

God is en bly ons Voorsiener, maak nie saak of Hy werksgeleentheid voorsien, of mense gebruik om ons te help nie, God het Sy eie manier van dinge doen sowel as Sy eie tyd waarop Hy dinge doen, al wat ons moet doen is om in geloof te staan dat Hy wel sal deurkom vir ons. Dit is vandag ‘n paar jaar later, en ek sê nogsteeds dankie dat Hy altyd beter weet, beste tydsberekening het, en dat daar nog mense is wat gehoorsaam is aan Sy stem.

Jan wou niks weet van die geld terug betaal nie, en sy redenasie is as ek die geld aan hom terug betaal steel ek die sëening wat God vir hom in stoor het.
Die Woord sê : God is getrou en sal ons nooit verlaat nie, dat ons moet opkyk na Hom, Hy is die een waar ons hulp vandaan kom, en dit is die Waarheid! God se Woord kan nie leeg na Hom terug gaan nie, maar moet doen wat Hom behaag, en ek dank Hom dat ons Sy kinders kan wees en dat ons onvoorwaardelik op hom kan vertrou vir alles en met alles, ons moet net sterk geloof hê, en geduldig wag vir Sy perfekte tyd!
Ek hoop dat my situasie iemand anders in dieselfde situasies sal help om op God te vertrou en nie jou eie oplossing te gaan soek nie, maar te wag totdat God jou help. As ons in geregtigheid is met God, sal Hy die deurbrake vir ons gee wat ons nodig het.

Alle lof aan ons Koning en lewende God!

SPREUKE 10:22  Die seën van die HERE, dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

No comments:

Post a Comment