Powered By Blogger

Sunday, 3 July 2016

God voorsien ‘n vrou!


Image result for cross




Ek het ‘n baie mooi vriend wat sy vrou verloor het weens siekte. Hennie is een van daai mense wat jou kan laat skaterlag, maar wat net so ernstig met jou kan gesels,oor Godsdiens, die lewe of enige onderwerp wat daar is, iemand wat elke persoon wil hê as ‘n vriend, maar hy is eensaam, en smag na ‘n vrou wat hom kan geselskap hou en hom kan liefhê soos wat hy en sy vrou mekaar liefgehad het.

Ek het lank vir hom gebid dat God vir hom die regte vrou moet stuur, ek het aanhou bid sonder ophou, maar hom nooit gese dat ek vir hom bid nie. Wanneer ons gepraat het en ek sy eensaamheid gesien of gehoor het, het ek altyd vir hom gesê vertrou die Here, Hy wil jou hartsbegeerte vir jou gee!

Op ‘n dag, sommer so uit die bloute, hoor ek Hennie gaan trou! Hy het ‘n pragtige Christlike vrou op facebook ontmoet, en het ure lank gesels en besluit om te ontmoet, 3 weke later was die twee so verlief dat sy kennis gegee het by haar werk en dat sy begin pak het om na hom te trek. Ek persoonlik het gedink dit is te vinnig maar ek het niks vir hom gesê van my gevoelens nie, maar ek was tog bekommerd omdat hy ‘n suksesvolle sake man is, en het gewonder is die vrou nie dalk net agter sy geld aan nie, dit sou my breek as hy moes seerkry.

Eendag het ek weer gebid oor die situasie en duidelik hoor ek hoe God vir my sê, maar jy het dan gebid dat Ek vir hom ‘n vrou moet stuur!

Hulle is nou al 8jaar gelukkig getroud! Prys die Here vir Sy Liefde en omdat Hy Liefde is, wil Hy ons liefdeslewe ook seen! Die Insteller van die huwelik wat elke huwelik sal sëen waar Jesus die hoof van die huwelik is!

Dankie God van Liefde vir U Liefde, nimmer eindigend!

1 JOH 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

No comments:

Post a Comment