Ek moet hieroor getuig, want God sê Hy sal voorsien en Hy
doen!
Ek het verlede maand gesaai in God se Koningkryk vir ‘n
bediening wat geld nodig gehad het om voort te kan gaan met Evangelisasie. Ek
het geweet dat my finansies knap is en dat ek dit nie regtig kan bekostig om
die geld oor te betaal nie, maar ek het in my hart gevoel ek sal sonder die
geld kan deurkom, en het die geld oorbetaal.
Nog voordat ek my eie kruideniersware gekoop het, het ek
gehoor van ‘n familie in groot nood. Mense wat geen kos in hul huis het nie, ek
het die oggend wakker geword en was honger, toe skielik se die Heilige Gees, “jy
gaan eet want jy is honger, daardie mense is ook honger en het niks om te eet
nie”. Ek het die broodblik toe gemaak, sonder om te eet en dadelik vir die
mense geld oorbetaal om kos te gaan koop.
Weereens het ek geweet dat ek nie die maand my eie
kruideniersware gaan kan koop nie, nie nadat ek twee betalings gemaak het wat
ek weet ek nie kan bekostig nie, dit is vandag die 30st Julie, ek het hierdie maand
net groente gekoop vir my eie huis, ek het Junie maand al uit vleis gehardloop.
Hoe ongelooflik dit ook mag klink, het ons die hele Julie maand elke dag vleis
gehad om te eet, hoe dit moontlik was sal net God weet, dit was net asof daar
elke aand wanneer ek moes kook vleis in die yskas was.
My salaris word eers die 31ste inbetaal (more) wat op ‘n
Sondag val so die fondse sal eers Maandag beskikbaar wees, ek het nog kos tot
Maandag! Sonder dat ek enige vleis die maand gekoop het, en nadat ek ‘n skenking
ontvang het van R800.00 laas Saterdag!
Met die skenking het elk die week melk en brood gekoop en kon ek nog
iemand anders seen met R200.00 vir petrol.
God sê wat jy saai sal jy maai…en as jy met die regte
gesindheid saai seen God jou oorvloedig. Ek het nie gesaai om te maai nie, ek
het gesaai omdat ek gevoel het ek wil
die mense help, en omdat ek gehoorsaam was aan die Heilige Gees se stem toe Hy
sê ek moet saai.
Ek wil aan ons Voorsiener God dankie sê dat Hy getrou is aan
Sy Woord, want ek belowe dat net Hy weet hoe ek vleis in my lee yskas uitgehaal
het hierdie maand en my eie gesin kon voed. Al die eer en lof kom God toe wat
waarlik voorsien het omdat ek gehoorsaam was.
Groete
Annoniem
2Kor 14 Hy voer ons
almal saam in Sy triomftog omdat ons een is met Christus, Deur ons versprei Hy
kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.
Luk 9 Gelykenis van
die 5 broode en 2 vissies – God is waarlik ‘n God van vermeerdering! Prys Sy
Naam

No comments:
Post a Comment