Hi almal wil net vir julle se hoe groot is ons Abba Vader verlede Donderdag moes ek om 10uur n afspraak nakom ek besluit toe vir een of ander rede om vroeer te ry
Ons woon in n Groot kompleks ek kry al my dingetjies reg, paint en poeier jul weet al daai vroue goed moet mos mooi lyk ek klim in my kar so teen 9uur en.... sherbit my kar wil nie start nie!
Ek bel my man en hy werk 40km van die huis af en kan nie my kom help nie hy se vir my dis my battery ek moet iemand kry om my te stoot maar vinnig sodat ek die kar kan start.
Ek onthou toe darm dat hy gese het ek moet die kar in 2de rat hou as ek wil wegtrek, ek begin toe soek vir iemand om my the help en glo my hier is 78 eenhede in die kompleks maar niemand in SIG!!
Die tyd stap aan, en moedeloos gaan sit ek in die kar en begin sommer hardop bid! "ASB Here help my ek kan dit nie alleen doen nie" EK sit nog so rukkie en besluit ek moet my afspraak na kom en klim toe maar so halfpad uit die kar en stoot maar so met een voet buite en een voet binne die kar, gelukkig is daar so klein afdraandetjie
Kry hom net oor die "speed-hump", daar steek die kar vas!! Amper in trane bid ek bid weer en vra die Here most my asb help dis die eerste keer dat ek so iets doen, ek begin toe weer stoot en so waar God het engele gestuur om my te help! Die kar begin spoed vat en ek spring in en sit die kar in 2de rat, los die clutch en siedaar my kar start en ek kan ry!
Prys die Here!! Ek ry toe dadelik na n battery winkel, hul toets die battery en se my battery is klaar ek kan hom maar weggooi en nuwe battery kry. My moed sak sommer in my skoene want ek het nie nou die finansies vir 'n nuwe battery nie, ek verneem toe wat 'n nuwe battery gaan kos en word meegedeel in die omgewing van R650.00 maar ek het ook nuwe terminale nodig! In my gedagtes vra ek "Ag Here laat die terminale asb nie duur wees nie, U weet ek het nie hierdie geld nie"
Ek byt maar op my tande en sê dis reg sal nuwe een vat (my begroting laat dit nie toe nie maar ek het nie n keuse nie). Hulle sit die nuwe battery in, sit nuwe terminale op en doen nog so paar goed ekstra ek vra die werktuigkundige, hoeveel skuld ek hom?
Hy antwoord " vir jou net R600.00!"
Wys net God is groot en getrou! Hy laat ons nooit in die steek nie!!
Alle lof en eer vir onse almagtige Vader en ek was net 10 min laat vir my afspraak ek loof en prys U o Grote God U is wonderlik!
Moet nooit dink God luister nie na klein nietige gebede nie, Hy luister na elke gebed!

FILIPENSE 4:6
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed
en smeking met danksegging bekend word by God.
FILIPENSE 4:7
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en
julle sinne bewaar in Christus Jesus.

No comments:
Post a Comment