Powered By Blogger

Saturday, 7 May 2016

God gebruik slegte situasies om iets goed te laat gebeur


Image result for cross


Net na my pa se afsterwe het ons familie heeltemal uitmekaar gespat. Ons is 4 kinders, 2 seuns en twee dogters. Op hierdie stadium was ek die enigste kind wat met albei my broers en suster gepraat het. My suster het nie met een van die broers gepraat nie, en die twee broers het ook nie met mekaar gepraat nie.

Een middag, oppad van die werk af word my oudste broer by Gordon afrid deur 4 mans  ge-hi-jack.

Dit was omtrend so 17:30 die middag, helder oor dag terwyl hy by die robort sit en wag. Niemand help hom toe hy uit die motor gesleep word oor die teerpad teen die wal af langs die hoofweg nie.

In die sloot wil die rowers weet of sy motor 'n "anti-hi-jack-divice" in het en hoe moet hulle hom afsit. Teen hierdie tyd het die anti-hi-jack-divice" alreeds ingetree want sy motor se deur staan oop en die sleutel is nog in die motor. Hy antwoord hulle en sê nee daar is nie een in nie. Hulle beveel hom om al sy klere uit te trek tot by sy onderbroek, wat hy doen, hulle vat sy klere en slaan en skop hom. twee van die mans gaan terug na die voertuig en sien dat die engin nog loop en roep die ander twee wat besig is om hom erg aan te rand. In die proses het my broer se bril afgeval en een van die mans trap sy bril met opset stukkend, draai om en gaan klim in die motor om te ry. My broer se oë is baie swak, en hy kan glad nie sien sonder sy bril nie. Hy sit toe net en luister of hulle wegry met die motor. Hy hoor die motor trek weg en vrek. Dadelik weet hy dit is die "anti-hi-jack-divice" want nou ingeskop het. Hy probeer luister of die mans terug kom, maar hoor hoe hulle uit klim, iets in hulle taal se en hy hoor sy sleutels iewers in die bos val. Vaagweg kan hy sien hoe hulle oor die hoofweg hardloop in die teenoorgestelde kant van die pad.

Hy het gehoor hoe die sleutels val, en het vaagweg 'n idee in watter rigting om te gaan soek, hy gaan daarheen en vind sy sleutel en amper naak loop hy terug na sy motor toe. Nou moet hy by die huis kom sonder 'n bril. Gelukkig het dit begin skemer word en die ander voertuie het hulle ligte aangesit, so hy hou die motor voor hom dop en volg sy ligte.

By die huis aangekom, roep hy my skoonsuster en vra waar is sy ou bril, sy kry dit en hy gaan na die ATM om sy bank kaarte te gaan kanselleer. My skoonsuster skakel my om te vertel wat gebeur het en sê my broer is okei, hy is vol bloed, en sy rug het skuurmerke op, hy is vreeslik bleek maar anders lyk hy darm okei sy sê sy ken nie die hele storie nie want hy was haastig om by die ATM uit te kom maar sy sal my laat wees sodra hy by die huis kom.

Ek skakel toe my suster en jonger broer en vertel hulle wat gebeur het, voor my broer terug is van die ATM af toe is die hele familie by sy huis. Almal baie besorgd en liefdevol met mekaar asof hulle nooit weer amper 5jr nie 'n woord met mekaar gepraat het nie.

Het God die kaping gereel? Beslis nie, dit was die boewe, maar God se hand was beslis oor hom want behalwe vir sy beursie met bietjie kontant in, sy selfoon en sy bril, wat hy verloor het, en paar kneusplekke op sy ribbes en blou kolle op sy lyf, het hy nie heeltemal herstel, en sy kar behou.

Maar God het wel die situasie gebruik om die familie weer terug by mekaar te kry.

Alle lof aan die Here, Sy genade is genoeg vir ons almal!

ROMEINE 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 

No comments:

Post a Comment