Powered By Blogger

Sunday, 8 May 2016

God beskerm my in my benoudheid


Image result for cross


Getuienis van Renthia van Rensburg


Hi Belinda, ek wil net met jou deel wat vanmiddag met my gebeur het.

Ons het n klomp ceiling borde wat in die garage staan voor n kas waarin ek iets nodig gehad het. Oom Thys was nie hier nie en Ganré was in die huis. Ek wil toe nie wag vir hom om terug te kom nie en besluit om self die ceiling borde weg te trek van die kas af sodat ek die laai kon oop kry.

Ek trek toe die borde na my toe laat hulle so teen my le maar agter die groot borde was daar n klomp kleintjies en toe ek hulle nader trek val die hele klomp teen my en druk my teen die kar vas. Ek het geskree van pyn en ek kon nie roer nie. Oom Thys se die borde weeg omtrent so 80kg.

Gelukkig het ek my selfoon in my baadjiesak gehad en ek kon hom uit kry en het vir oom Thys en my buurvrou oor die straat gebel om my te kom help. My hande het doodgegaan en inmekaar getrek en my bene en voete ook. Net voor ek flou word het van pyn was hy daar en hulle het die borde van my afgehaal. Hulle het my op die vloer laat le totdat hulle my kon ophelp.

Ek wil net vir die Here baie dankie se dat ek nie my rug gebreek het of dat my kop nie die kar getref het nie. Dit kon n lelike ding gewees het maar God het gehoor toe ek Hom in my pyn en benoudheid aangeroep het.

Ek het net 3 werwels seergemaak en my bekken het bietjie gedraai. Ek gee al die lof en eer aan God. Ek loof en prys Sy wonderlike naam. Die Bybel se, roep my aan in jou benoudheid en Hy was daar vir my.

Liefde tannie Renchia

PSALMS 18:7  Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. 

No comments:

Post a Comment