Powered By Blogger

Sunday, 1 May 2016

In wie se hande is jy?


Image result for cross


Dis so mooi ek moet dit deel:

'n Golf stok in my hande beteken nie veel nie. 'n Golf stok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand. Dit hang af in wie se hande dit is. ..

'n Stok in my hande kan gebruik word vir selfverdediging. 'n Stok in Moses se hande het die see geskei. Dit hang af in wie se hande dit is....

Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vis-toebroodjies. Twee vissies en vyf brode in God se hande beteken kos vir duisende.Dit hang af in wie se hande dit is...

Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou. Spykers in Jesus se Hande beteken Oorwinning & Verlossing vir die hele wereld. Dit hang af in wie se hande dit is...

So, sit jou bekommernisse, jou vrese, jou hoop, jou drome, jou familie, jou verhoudings -ALLES- In God se Hande. Onthou - Dit hang af in wie se hande JY is! Jy is in God se hande!

Geseënde dag vir jou!

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig.Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus

No comments:

Post a Comment