Powered By Blogger

Sunday, 1 May 2016

Jesus red my uit kloue van onrein gees.


Image result for cross



Ek is seker dit moes al met iemand anders ook gebeur het in die lewe, daarom wil ek graag hierdie getuienis lewer!

Ek lê een aand in die bed, en die volgende oomblik voel ek hoe iets my vasdruk en ek kan nie beweeg, of skree nie, ek maak my oë oop en ek sien iets swart oor my hang, amper soos 'n swart wolk, of rook, al wat ek weet is dat die vrees my beetkry soos nog nooit in my lewe te vore nie.

Ek weet dat ek hier moet uitkom maar ek is verlam, ek kan nie eens my arms beweeg of skree nie. Ek weet daar is nou net een Persoon wat my kan help, en is die Here, baie onkundig op daai stadium van my lewe begin ek Ps 23 in my gedagte opsê:

Die Here is my Herder niks sal my ontbreek nie, al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my! Die 2de keer toe ek die vers opsê, val ek in 'n diepe slaap, en word die volgende oggend wakker met soveel vrede binne my!

Mense sal dink dat ek dit gedroom het, maar glo my ek was wakker! Dit was werklik! Niemand gaan my anders oortuig as dat die Here my daardie nag verlos het van wat ookal hierdie donker skaduwee wou doen  nie. Op daardie stadium het ek gedink ek is 'n Chiristen, gedink ek lees elke aand my Bybel en bid elke aand, maar ek was nog so deel van die wêreld. Ek het gedink as ek Bybel lees en bid is ek gered! Ek het mos gekatkiseer in die NG kerk, was gedoop as baba, so ek is "veilig" en 'n Kind van die Here, Ek is eers 10jaar na die insident wedergebore en groot gedoop, tot bekering gekom en waarlik 'n kind van God geword!

Rede hoekom ek dit noem is, al was ek 'n sondaar was die Jesus daardie nag by my om my te beskerm, noudat ek wedergebore is, besef ek hoe groot die Here se genade is! Vandag kan ek net sê: Dankie Jesus dat U die sondaar ook liefhet en genadig is, maar die grootste genade wat ek nog ooit ontvang het in my lewe was om gered te kan word en tot ware bekering te kom en vandag te weet dat ek meer as 'n oorwinnaar is deur Jesus wat my krag gee, deur Jesus wat my die outoriteit gegee het om oor bose magte te kan heers en in Sy Naam elke bose mag terug te kan stuur na die verderf toe sonder om weer deur daai vrees te gaan soos daardie nag.

Al die lof en eer aan die Here Jesus Christus wat waarlik vrymaak.

Ek hoop regtig dat my getuienis vir iemand anders ook van waarde kan wees.
Groete
Annoniem


Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig. Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus

No comments:

Post a Comment