Powered By Blogger

Saturday, 7 May 2016

God verhoor moeders se gebede.


Image result for cross


Het iets om te deel met julle!

God is so awsome en waaragtig mense Hy leef en het ons gekies en is so lief vir ons dankie Abba Vader .

So 5jaar gelede was ek nog in die wereld gereeld gebid en bybel gelees was grootgedoop en geglo ek is mos nou gered elke aand maar die selde gebedjie gebid.   Ek het gebid maar ek het nie werklik God geloof en geprys nie my seun se vrou het hom gelos vir n sy beste vriend en soos julle weet verwerping is nie lekker nie, hy het hom toe maar oorgegee aan drank en gedink dit sal help.

Soos n goeie ma het ek vir hom gepreek, gesoebat gepleit en verder het ek maar elke dag vir hom gebid.
Een aand gaan hy uit en soos n ma maar is bid ek die hele aand "asb tog Here hou my kind veilig" Ongeveer 10uur die aand sien ek hy is nie tuis nie,  ek kan nie slaap nie loop op en af  deur die huis.

Die derde keer toe ek wil kyk of hy al tuis is sê die Here duidelik vir my "vertrou jy My dan nie?",ek besef toe dadelik hoe kleingelowig ek is en ek bely toe aan Jesus en se ek is jammer klim in die bed en raak aan die slaap.

Net na 12 bel my kind my en ek kan duidelik hoor hy is horibaal gedrink, hy sê vir my hy weet nie waar hy is nie ek moet hom kom haal! Hoe moet ek hom gaan haal en hy weet self nie waar hy is nie.Ek se toe vir hom ry tot die naaste petrol stasie en slaap so bietjie raak nugter,sjoe toe is ek mos in n toestand maar ek bly bid asb Here stuur U engele op sy pad sodat hy kan veilig wees! Net na 2uur die oggend klop iemand aan my deur, ek maak dadelik oop  en daar staan my kind,toe hy my sien begin hy te huil en sê vir my "mammie ek weet nie hoe het ek by die huis gekom nie" ,Ek vra hom waar is sy kar hy sê sy kar staan in die parkeering maar hy het nie sy kar bestuur nie, Ek vra hom  wie het hom huistoe gebring en hy antwoord, hy het niemand opgetel nie maar hy het nie bestuur nie.

Ek het dadelik besef God het engele gestuur wat sy kar huis toe gebring het alle lof en eer aan ons grote God ek dank en eer loof en prys Hom tot vandag!

 Van daardie dag het my kind nie weer dronk bestuur nie.  Ek het baie nagedink en tot die besef gekom hoe kragtig gebed werklik is!

Ek aanbid God nou en bid nie meer nie,  maar aanbid en loof en prys God elke dag loof  ek die Here Hy is getrou!

Amen

Ek wil vir alle moeders sê, al is jou kind nog in die wêreld, jou gebede sal hom/haar red. Jou geloof kan jou kind se lewe verander, moenie op hou vir jou kinders bid nie, God verhoor elke opregte gebed wat uit jou hart kom.

Groete
Sylvia


PSALMS 126:5  Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

PSALMS 126:6  Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. 

No comments:

Post a Comment