Getuienis van Sylvia van Staden
Soos jul dalk al gesien het het ek my getuienis gelewer dat ek my taal ontvang het op 8 April 2016.
Vrydagmiddag, 6 April 2016, het ek vir Belinda gaan kuier en sy vra my hoe gaan dit met my gebedstaal? Ek antwoord dat ek nogsteeds net 3 woorde kan sê. Sy stel voor ek moet die 3 woorde vat en dit begin sing op 'n deuntjie van 'n geestelike liedjie.
Vrydagaand wil ek dit doen en die enigstge geestelike liedjie wat in my kop inkom in "Amazing Grace". Wel ek begin toe die 3 woorde sing op die maat van Amazing Grace en na die minder as 'n minuut wat ek die woorde herhaal begin daar nuwe woorde uit my borrel.
Ek het opgehou sing, langs my bed gaan kniel en net gebid, later het ek opgestaan, afgegaan na die kombuis om water te drink want my mond was teen die tyd al so droog, Terug bed toe, net in die bed geklim, gereed om te slaap en God sê vir my "Jy het nog nie klaar gebid nie".
Ek het weer op my kniee gegaan en gebid in my taal, die heiligheid wat oor my gekom het was so wonderbaarlik dat ek nie wou ophou nie. Ek het later opgestaan, nogsteeds biddend, na my man gegaan wat al lankal geslaap het en my hande op hom gesit en net gebid in my taal. Dit was asof die Heilige Gees my net soontoe gestuur het. Ek het ongeveer 2 ure lank in my taal gebid, dit was net amazing!
Ek was so opgewonde, ek kon nie wag tot die volgende oggend om my pastoor te bel en hom te vertel nie. Ek het darm eerste ook vir Belinda laat weet.
Ek kan nie genoeg dankie se vir die Heilige Gees wat my so gesalf het nie, ek weet dat ek nou 'n uitverkore kind van die Here is en dat Hy my gaan gebruik om ander te inspireer en te bemoedig.
Dankie Heilige Vader dat ek so onverdiend uit U hande ontvang en vir U genade so groot.
As ek enige iemand raad kan gee wat 'n taal wil ontvang, moenie twyfel nie, glo net dat die Here dit vir jou wil gee, en maak net oop vir die Heilige Gees om jou te seen en te salf.
Jesus het ons almal lief!
PSALMS 103:5 (Die Here) wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend

No comments:
Post a Comment