Goeie dag geseendes.
Gou vinnig n getuienis waarom jy altyd traktaatjies saam jou moet dra..
Ek stap vanoggend in die straat en n man wat besig is om advertensie pamflette uit te deel vir n sangoma kom druk so pamflet in my hand en se ek moet die sangoma besoek as ek genesing of geluk nodig het.. nou ja.. al wat ek kon doen was om die man te verduidelik waar ons genesing ens werklik vandaan kom..
Deel met hom die evangelie en gee vir hom traktaatjie ens. na so ruk kom die man agter my aan, hyt al daai pamflette gaan weggooi en wil sy hart vir Jesus gee. prys die Here..
Die rede waarom ek dit deel is nie om te roem nie maar om jou te leer om altyd gereed te wees vir n verlore siel. Dra altyd 'n traktaatjie of dvd by jou. Ek het n reel.. Ek verlaat nooit my huis sonder traktaatjies nie, want ek weet Jesus stuur mense op my pad.. Ek bid daagliks daarvoor.. Net so moet jy ook elke dag gereed wees om te getuig. siele wen moet deel van jou lewe wees. as jul gemeente my wil nooi om evangelisasie opleiding te doen met jul, kontak my gerus.
Ek leer julle hoe om te evangeliseer en ek doen n uitreik saam met jul om jul te leer. Terug na die punt.. Ek wil vandag eers n nuwe boodskap stuur wat ek voel elke kind van God moet hoor.
Mag dit julle seen.
Blessings Henco
0827320520

No comments:
Post a Comment