Powered By Blogger

Wednesday, 7 September 2016

God se genade is genoeg vir ons.


Image result for cross

Van hoenderhok tot plaas!


Ons het almal die situasie gevolg waar Henry Austin en sy gesin in Sedgefield omgewing in 'n hoenderhok met hul tent beland het.

Daar is Pers Sak Pakkies deur MSVS Vrywilligers aan hul gelewer en later kry die gesin toe geleentheid om in die KomarIn kamp in Pietersburg te gaan woon.

Groot opgewondenheid het geheers onder ons MSVS admin en lede met die groot reis wat hulle in hul bakkie aangedurf het. Met die hulp van ons wonderlike admins en lede het hulle gereis tot op Oudtshoorn by ons admin Riana Odendaal Brits, waar hulle die heerlikste reiskosmandjie van haar ontvang het en die pad aangedurf het die nag in tot by my in Krugersdorp.

Hier het hulle heerlik gebad, gekuier, iets te ete gehad en oorgeslaap. Die Sondagoggend is hulle vort Pietersburg toe waar ons admin Marina Labuschagne hulle voorgestel het aan hulle nuwe bure en vriende by KomarIn Nedersetting.

Daar het Henry en gesin vir 'n paar weke vertoef, gehelp in en om die gronde met skoonmaak en bietjie in die grond skoffel en daar kom die oproep!

'n Man met 'n stuk grond in Warmbad gee vir hul die geleentheid om die grond daar te gaan bewerk, selfversorgend te raak en ook in 'n netjiese gemubileerde huis te gaan woon. Natuurlik sal die gesin wat graag wil boer die geleentheid aangryp en hulle vertrek daarheen.

In die kort ruk wat hulle daar is, het hulle reeds 'n stuk grond skoongemaak en begin plant. Henry het nou 'n klomp beet wat hy graag wil verkoop (sien fotos), sodat hy petrol, data en nog saad kan bekom.

Die bondels beet verkoop hy vir R 20 per bondel wat so kg + in gewig is. Die bete is omtrent so groot soos sy vuis.

Skakel Henry Austin asseblief gerus indien jy in sy area is op 076-0790092 en van die beet wil aankoop. Hulle is so 8km buite Warmbad (Bela-Bela) op die Rustenburg pad.


Hierdie mense werk hard en het en sal nie gaan lê nie. Henry het ook onderneem om groente aan MSVS te verskaf as skenking vir minderbevoorregtes. Kom ons ondersteun hulle, wat so graag wil teruggee aan die gemeenskap.

Dankie byvoorbaat.


















No comments:

Post a Comment