Ongelooflike geestelike opressie ervaar en baie moeilike mense gekry om mee te gesels. Weereens besef ek vandag weer hoe ongelooflik baie mense ongered is en hoeveel mense verblind is deur die leuen van satan.
Ongeveer 90% van die mense was verskriklik moeilik om te bereik.
Ons vertel altyd van die goeie resultate wat ons kry op uitreike maar ons vertel nie altyd van die gevalle wat dalk nie so goed uitgewerk het nie.. en ja daar was vandag verseker mense wat die evangelie gehoor het, Jesus aangeneem het en hul lewens sal verander ens.. maar die waarheid is ook dat baie mense die evangelie van die hand wys en hul harte verhard. Al wat ons kan doen is om vir hulle te bid en te vertrou dat die saad wat ons gesaai het in hul lewens iewers sal groei, en dit alleen kan die Heilige Gees doen. Jy kan niemand oortuig om tot bekering te kom nie, maar jy kan die saad saai.
Ek het wel Baie interessante stellings gehoor.. een man het tot vir my gesê dat hy god is. Dit was 'n interessante gesprek want toe ek hom vra om vir my gou 'n mens of dier te skep uit niks en vir my sy "godheid'' te demonstreer was hy nogal vol verskonings.
Een getuienis wat ek kan deel was van 3 mense wat besig was om te drink met wie ek gepraat het.
Die een persoon het my in die begin baie teengestaan terwyl die ander 2 luister, later het die GEES hom begin oortuig en hy het begin stil raak en ek kon sien hoe die Heilige Gees hom begin oortuig, op 'n stadium het hy die drank bottel neergesit en verder geluister en baie intens begin luister.
Toe ons klaar met hul gepraat het, het die ander twee nie regtig ag gegee op die boodskap nie, maar die Gees het HOM oortuig, jy kon dit sommer in sy hele persoonlikheid sien. Toe ek wegstap by hom het hy net my hand geskud, en net gesê hy glo God het 'n rede en doel gehad dat ek vandag met hom gepraat het.
Baie ander het ook geluister na die evangelie, baie mense het dit verwerp, maar ander het dit aangeneem.
n Paar mense het gedink hulle is gered maar vandag besef dat hulle nog nooit tot bekering gekom het nie, prys die HERE daarvoor. Ons het ook baie mense gekry wat in evolusie glo ens, daardie gesprekke is altyd interessant.
Maar buiten al die moeilike mense kan ek eerlik sê dit was 'n suksesvolle uitreik. Daar was wel baie mense bereik wat werklik vandag ook 'n wake up call gekry het.
Baie geluk aan al ons nuwe uitreik spanlede, julle was great! Julle het vandag mooi gemaak, hou nou so aan en word net sterker in Jesus. Baie dankie vir almal se gebede vir ons, julle dra ons.
Blessings Henco

No comments:
Post a Comment