As dit nie Herlewing is nie, wat is?

Koffiefontein het baie jare vir die ossewaens as oorstaanplek gedien. Hier
was deeglik koffie gedrink Die dorp het ook ‘n klein diamantmyn
Twee jaar gelede had Pastoor Marius Maritz ‘n beroep na Hermanus en ‘n ander
na Koffiefontein. Mens sou kon sê nee, nie Koffiefontein nie. Daar is net
vier lidmate en nie eers ‘n kerkgebou nie. Maar Marius, wat ‘n ernstige
bidder is, sê die HERE sê uitdruklik Koffiefontein. Dit was twee jaar
gelede.
Nou, twee jaar later het die NG Kerk vir die AGS hulle ou
kerkgebou gegee en is daar reeds meer as 300 lidmate. Die Kerk word nou
groter gebou.
Koffiefontein, soos baie ander dorpe ly onder die droogte.
Plantegroei is swak, die strate vol gate. Marius sê sy gemeente is nie ‘n
AGS gemeente nie, maar ‘n gemeenskap gemeente, almal is welkom. Daar is ook
waterprobleme.
Dat dit ‘n gemeenskap gemeente is word gekenmerk aan die
gemeente se bediening aan die gemeenskap. Daar is tien groot tenks by
boorgate op die dorp aangebring om water aan die inwoners te kan voorsien.
Daar word ook weekliks 16 liter water van Kimberley af in bottels ingevoer.
Die gemeente gee Lewende Water en ook drinkwater.
‘n Geestelike koerant is begin wat reeds op 50 dorpe versprei.
Die koerant doen die werk van ‘n Evangelis. Oral word siele gered. Pas het
150 lidmate van vyf verskillende kerke gesê elk van hulle gaan maandeliks
R150 skenk om die koerant – die Revelation Times – se oplaag te vergroot.

Past Marius preek Sondagoggende op Koffiefontein, maar
Sondagaand preek hy nou op Fauresmith war daar reeds 50 mense is. So 15
mense van Jagersfontein ry ook oor vir die dienste. Hy moes ‘n Bybelskool
begin waar Gelowiges as werkers en beraders opgelei word want die werktaak
word nou net te groot. Marius moet kort-kort lang afstande aflê na dorpe
waar daar nood is.
Sy gemeente het ook ‘n Dorp Skoonmaak Komitee en ‘n
Groenkomitee. Een honderd asblikke met die woorde: Dis God se dorp – Hou dit
skoon asb word oral aangebring. Daar is drie skole op die dorp. Die skole
maak beurte om die dorp skoon te maak. Papier, glas en plastiek word verkoop
om geld te in by herwinningsmaatskappye om die dorp verder te verfraai. Nog
watertenks word aangebring met nie-drinkbare water om nuwe plantjies wat
oral deur die dorp geplant word, nat te hou.
Daar gaan nou ook begin word om die strate in die dorp te
herstel.


Marius Maritza is 'n aardskelm.
ReplyDeleteHy harloop so wer moontlik weg van almal wat hy bedrieg het.