Powered By Blogger

Saturday, 16 April 2016

Die Here sê “Bedank jou werk…Ek sal voorsien!”


Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries 


Ek is ‘n wedergebore kind van die Here. Die Here het my die gawe gegee om mense te kan bemoeding asook professie en gees van onderskeiding.

Op ‘n dag se die Here…”Bedank jou werk en werk vir My” Ek dink…. “Hoe moet ek kos koop, ek is ‘n weduwee en moet my water en ligte betaal”, so ek ignoreer toe die stem van die Here.

Paar keer hoor ek dit oor en oor en ek weier om gehoor te gee, dit kan tog nie die Here wees wat praat nie, Hy weet mos ek het inkomste nodig…maar die “stem” bly se “Ek sal voorsien!”

Op ‘n dag roep my baas my in en deel my mee dat hulle mense gaan afbetaal want die maatskappy doen nie goed nie, ek is een van die wat afbetaal word! En ek dink Here wat nou? Ek is te oud om ander werk te kry.
Die einde van daai maand het ek klaar gemaak en huis toe gegaan, gemoed op die vloer!

Terwyl ek werk soek, sien ek mense by my huis vir berading, bemoediging ens, ek doen aansoek vir die een pos na die ander, en kry nie werk nie.

Intussen kom sien mense my en bring vir my donasies….soms kos, soms kos pakkies, soms kontant…die einde van die tweede werklose maand besef ek, die “stem” was  die Here!!

Vandag amper 9jaar later is ek nogsteeds voltyds in bediening en voorsien die Here nog elke maand aan my behoeftes. Ek het so verhouding met ons dierbare Jesus dat ek my inkopies lys neerskryf en in die kas bêre, en Hy voorsien alles op die lys. Soms het ek klere nodig en sal iemand vir my klere bring as donasie of iemand sal groot kontant donasie gee
.
Met God is NIKS ontmoontlik nie, ek leef op genade en geloof, en die Here se genade is genoeg vir my…dit is ook genoeg vir jou!! Maak net seker dit is die Here wat die opdrag gee, voor jy doen, en wanneer jy seker is dit is van die Here, wees gehoorsaam.

Al wat die Here van ons vra is om Hom te ken is alles in ons lewens, om Hom voluit te dien en Hom lief te he soos Hy ons lief het.

Glorie aan God

Hanah

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig.


Oorwinningsliefde in Jesus

No comments:

Post a Comment