Powered By Blogger

Monday, 18 April 2016

Jesus beskerm my van giftige swart kobra slang


Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries


Getuienis van Tannie Lina Rohmann


Dankie ABBA VADER dat U my beskerm het!

Op 13 April sit ek op my stoep en 'n swart kobra kom reg onder my stoel uit, ek het so groot geskrik dat ek nie kon beweeg nie. Hy was letterlik teen my stoel se poot by my regtervoet en het nie gepik nie!

My seun het uitgekom en hom probeer wegjaag van  my af, Hy het sy kop bakgemaak om te pik maar Jesus het ons beskerm, ek is so dankbaar dat Jesus my lewe gespaar het en in beheer was van die situasie.

My seun kon darm die slang later skiet.

God is groot en ek vra elke dag vir Sy beskerming oor ons, en ons hoef nie te vrees nie want Jesus leef!!

Dankie Almagtige God van hemel en aarde.

Lina Rohmann

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig. Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus


PSALMS 23:4  Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my





No comments:

Post a Comment