Powered By Blogger

Monday, 18 April 2016

Ek betaal my tiende en God maak die hemel poorte oop!


 Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries 



God is getrou aan Sy Woord!



Ek was 'n geskeide dame met 3 kinders om te voed, en te voorsien. As ek vandag terug kyk na hoe ons deur die maande gekom het, kan ek eerlik waar net sê dit was nie menslik moontlik nie, net God kon doen wat vir ons gedoen was!

Ek en my kinders was almal al wedergebore kinders van God, gedoop en elke Sondag in die kerk, ons het gestreef na heilig making, maar ons finansies was beroerd. Op 'n dag in gebed, sê God "Betaal jou tiende aan die kerk, en Ek sal voorsien, toets my hierin".

Dit was 'n baie moeilike besluit om te neem want op daai stadium was 'n tiende van my inkomste R850.00 wat ek nie net kon afstaan nie! Maar getrou aan die stem van God het ek die einde van daai maand my R850.00 in die koevertjie gesit en vir die kerk gegee. Ek was baie bekommerd toe die man wegloop met die sak waar die koevertjie in was, maar vir een of ander rede het ek dadelik daarvan vergeet en aangegaan.

Ek het daai maand alles gekoop wat nodig was vir die huishouding en alles betaal wat betaal moes word. Ek het heeltemal vergeet van die 10de wat ek vir die kerk gegee het. Teen die einde van daai maand het ek nog kontant oorgehad, ek kon dit nie glo nie, toe die volgende salaris tjek moes inkom het ek nogsteeds geld oorgehad! Iets wat nog nooit voorheen gebeur het nie, die laaste week voor betaling was altyd die moeilikste tyd van elke maand.

Ek wil vandag getuig en vir almal sê: Moenie van God steel nie! Ek en my kinders is lewende getuienisse dat wanneer jy jou 10de offergawe gee, maak God waarlik die hemel vensters vir jou oop, getrou aan Sy Woord.

Ek het hierdie getuienis al baie gedeel en mense is skepties en sê goed soos "Ja, maar ons pastoor gebruik die geld vir dit of dat" Maar ek sê vandag vir elkeen, wat die pastoor of die predikant met die geld maak het niks met jou te doen nie, jy saai in God se Koningkryk, en God vermeerder vir jou! Dit is 'n saak tussen God en jou! Nie tussen jou en die pastoor of predikant nie, wat hy met die geld doen is 'n saak tussen hom en God!. Glo en vertrou God! Hy maak Sy Woord waar, as Hy sê Hy sal voorsien, SAL Hy!

Vandag gaan dit finansieel baie goed met ons, en ek gee God in die Hoogste Hemele al die eer! Dankie Vader dat ek gehoorsaam was en dat U my gewys het hoe getrou U is.

Ek loof en prys U vir U getrouheid en liefde


Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig. Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus

MALEAGI 3:8  Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
MALEAGI 3:9  Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!

MALEAGI 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie. 


No comments:

Post a Comment