Powered By Blogger

Sunday, 17 April 2016

Jesus kan ook jou storm stil maak.


Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries


Skipper vertel hoe hy die tsunami trompop aangedurf het.


Die 64-jarige Japanner, Susumu Sugawara, is vandag ‘n held  op Oshima-eiland. Toe die tsunami aankom, het hy besef daar is net een manier waarop hy sy boot, wat 20 mense kan vervoer, kan red en dit was om nie te probeer wegjaag van die tsunami af soos wat baie probeer doen het nie,  maar om reg op die tsunami af te peil.

“Ek het geweet dat as ek nie my boot red nie, sal ons eiland geïsoleer en die bewoners in groot moeilikheid wees sonder vervoer,” het hy aan CNN vertel.

Susumu verduidelik hier hoe hy die tsunami aangedurf het

“Toe die eerste groot golf kom was dit sowat 20 meter hoog. My gevoel daardie oomblik is onbeskryflik. Ek het met my boot gepraat en vir hom gesê, ons is al 42 jaar saam. Of ons lewe en of ons sterwe, ons bly by mekaar, en toe trek ek die versneller vol oop.

“Ek het golf soos ‘n berg uitgeklim. Toe ek dink ek is bo, toe word die golf nog groter. Dele van die golf het oor my boot begin breek. Ek het duiselig gevoel en my oë toegemaak. Toe ek my oë weer oopmaak, kon ek die horison sien en het net geweet, ek het dit gemaak.

“Ek weet nie of vier of vyf golwe was nie, maar ek was nooit bang nie, ek het net gefokus op die stuur van my boot.

“Die see was skielik heeltemal kalm. Ek het daar rondgedryf en gewag tot donker terwyl ek seewater uit my boot geskep het.

“Hy het besef sy eiland is totaal verwoes. Hy het gehuil want hy was kwaad en so hulpeloos. Hy het ook nie geweet of sy gesin die ramp oorleef het nie.”

Op pad terug was sy eiland in duisternis gehul. Hy het gevaar met behulp van vure sowat 5km verder by Kesunnuma.

Sy boot was die enigste wat vir twee weke lank mense tussen sy eiland en die vasteland kon vervoer. Daarna het ander hulp opgedaag. Hyself het vir 20 dae aaneen mense vervoer. Die wat nie geld had niem, het hy verniet vervoer. Ander wat kon betaal het R35 gegee om te help met die brandstof.

Sonder Sugawara en sy boot Sunflower, sou sy eiland heeltemal afgesny gewees het van die vasteland.

So kry mens ook soms storms in jou lewe. Alles loop net verkeerd. Soos in die geval van Susumu moet mens die storms ook trompop loop en nie daarvan probeer wegvlug nie.

Plaas jou vertroue in die HERE en weier om moed op te gee. Weier om jou geloof te laat knak. Sommige gee wel moed op, hou sommer op met bid, gaan nie meer kerk toe nie, lees nie meer die Bybel nie, en die storm word net al hoe groter. Hulle gee hulself oor aan twyfel.

“Hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie...” – Jak 1:6-8

Storms trek ons of nader aan God of verdryf ons verder van God af. Ons is nooit weer dieselfde as voor die storm nie, alles hang af van ons houding en optrede teen die storm.

Bly gefokus op die HERE. In tye van storms begin sommige vergeet van hul visie en doel in die lewe. As kind van God bly jy ‘n gevaar vir die koninkryk van die satan en hy probeer van tyd tot tyd om jou bande te lê, ‘n binding in jou gees te veroorsaak sodat jy magteloos is.

Weier om te twyfel. Te midde van enige storm is en bly Jesus Christus presies dieselfde. Met Christus is enigiets moontlik, bly aan boord, durf die storm in oorwinning aan, al beleef jy woede, teleurstelling, vrees, spanning. Wat jy ook al beleef, bly aan boord. Dieselfde Jesus Christus wat die storm op die See van Galilea stilgemaak het, sal jou storms ook stilmaak.

“Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?”




 Susumu Sugawara

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig.

Oorwinningsliefde in Jesus






No comments:

Post a Comment