Powered By Blogger

Monday, 18 April 2016

Heilige Gees waarsku my oor motor ongeluk.


Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries


Getuienis van Belinda Paar


Ek  was besig om te verhuis, en is oppad na die nuwe huis met die eerste vrag agter op die gehuurde sleepwa. Net toe ek op die hoofweg afdraai sê die Here "Bid vir beskerming van jou en jou dogter" en onmiddelik doen ek dit en bedek ons onder die kosbare Bloed van Jesus.

Die sleepwa is swaargelaai, en ek ry in die linkerkant van die baan, 'n Swartman ry langs my in die regterbaan,  'n BMW sit agter hom en flik sy ligte en blaas op sy toeter dat die swartman moet padgee.

Die oomblik toe die swarte voor my kon inkom draai hy voor my in, en trap sy remme, wat veroorsaak dat ek ook moet remme trap en die sleepwa begin ruk agter my. Ek kan nie oorgaan na die regterbaan nie want die verkeer het opgehoop agter die BMW, ek weet ek moet vinniger ry om die sleepwa weer gebalanseer te kry maar ek het geen plek om heen te gaan nie en die volgende oomblik rol ek die bakkie en die sleepwa.

'n Vriend het agter my gery ook met 'n bakkie en sleepwa, Hy het alles gesien gebeur, en sê die bakkie het 4x op sy wiele geland en weer omgekeer.

Ek en my drie jarige dogtertjie het uit daai wrak geklim met nie eens 'n skrapie aan een van ons twee nie! Die bakkie en die sleepwa was totaal afgeskryf.

Ek dank God met my hele hart dat Hy my en my kind daai dag beskerm het, as ek fotos gehad het sou ek dit met julle deel maar ek het ongelukkig nie, maar as jul kon sien hoe daai bakkie geluk het sal jul nie kan glo dat ons lewend uit daai wrak gekom het nie.

Dankie Vader, dat ek gehoorsaam was toe U my gewaarsku het, dankie dat U ons lewens gespaar het, en dat nie een druppel bloed in daai voertuig gedruk het nie, Dankie dat net die Bloed van Jesus in die voertuig was om ons te beskerm teen 'n nare dood of ernstige beserings.

Ek eer en loof U met my hele hart.

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig. Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus
Belinda


JOHANNES 16:13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 



No comments:

Post a Comment