Powered By Blogger

Monday, 18 April 2016

God gee vir ons ons eie huis!


Tabernakel Bedieninge /Tabernacle Ministries


Getuienis van Elize Mampa


Die HERE is goed vir ons, sjoe ek wil net jubbel oor hoe goed Hy is. Dit het vir baie jare baie sleg gegaan met ons, ons het 'n plek gehuur en was amper oornag gesê dat ons moet trek want die plek word verkoop. Ons moes ons meubels stoor en by mense gaan inwoon.

Ons het 'n offer op n huis gemaak om te koop maar het soveel teenkanting gehad van die huurders wat reeds daar gewoon het. Die eienaar het gesukkel om hulle uit te sit, en intussen het hulle die plek so verniel. Maar ek kan getuig dat die HERE in beheer was van die situasie, ons het die plek gekoop, teen 'n baie baie goeie prys, en het einde Februarie 2016 ingetrek in ons eie huis. Dankie Jesus.

Ons het deur moeilike tye gegaan, maar vandag weet ek waarom dit alles moes gebeur het, dit was net 'n beproewing sodat ons nader aan God kon beweeg, en vandag is ek verheug dat ons Skepper ons so geroep het en nie opgehou het totdat ons gehoorsaam was nie.

Al die eer aan ons Skepper van Liefde
Seening
Elize

Deel asb jou getuienis met ons oor hoe Jesus jou gehelp het, Skryf aan belindapaar@gmail.com Jy kan jou getuienis ook annoniem deel. Jesus gee ons opdrag om van Hom te getuig. Heb 2:3-4


Oorwinningsliefde in Jesus



1 KRON 16:34  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid; 



No comments:

Post a Comment