Powered By Blogger

Wednesday, 1 June 2016

God openbaar sonde

Image result for cross
Ek het vermoed dat my kinders deurmekaar geraak het met dwelms, ek was nie seker nie, omdat ek nie kennis van dwelms gehad het nie, maar hulle gedragspatrone het so vinnig verander, hulle was ongeskik, het begin skool bank, en hulle het albei vreeslik gewig verloor, alhoewel hulle verskriklik baie geëet het.

Ek het hulle kamer deursoek en kon niks vind nie, ek het na my skoonsuster gegaan en gevra, asb bid saam my, ek is seker die seuns is deurmekaar met dwelms, ons het saam gebid en sy kry Skrif! Sam 25:35. Ons lees dit saam…”Kyk Ek het jou versoek gehoor en Ek staan dit goed. Wees gerus en gaan maar huis toe”

Die middag staan ek en my man en kyk na ons visdam in die tuin en praat oor hoe groot die Koi’s geword het, my seun kom staan by ons en gesels saam oor die visse, my ander seun kom later ook daar staan en sê ewe skielik “Ma en Pa, ek rook boom” Ek het amper omgeval van skok. Toe hy dit erken, erken die ander een skielik ook “Ja ek rook dit ook” Ek kon nie ‘n woord uitkry nie, my man was net so geskok en het net gevra “Nou hoekom doen julle dit?”

Ons het onder die lapa gaan sit en met hulle gepraat, my jonger seun wat eerste kom erken het, het gesê, hy weet nie hoekom hy dit gesê het nie, dit het net uitgekom….maar ek het geweet hoekom dit net “uitgekom” het!! Net die Here wat jou laat erken as jy sondig!

Ek het hulle die volgende dag na ‘n maatskaplike werker geneem by die SAPS en hulle in ‘n groep laat inskryf waar hulle elke week, en daarna elke maand getoets was om te sien of hulle weer gebruik het. Hulle moes vir 6maande gaan.

Ek dank die Here vandag dat hulle albei vry is van dwelms, maar het so dankbare hart teenoor die Here dat hulle uit hul eie na ons gekom het en ons vertel het voordat dit te vêr gegaan het!

Net vir ander ouers wat dit ook vermoed met hulle kinders wil ek sê as jy in jou kinders se kamers gaan soek kyk op die plekke waar jy dit die minste sal verwag, my seuns het ‘n sny in die kant van die matras gemaak, en dit daar weggesteek….ek sou nooit eers daaraan gedink het om daar te gaan kyk nie.

Mag Jesus elke kind wat daaraan dink om dwelms te gebruik keer voor hulle dit doen!

Dankie Jesus.


SPREUKE 28:13  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.



No comments:

Post a Comment