Ek moes gaan vir ‘n blaas operasie, op die
operasie tafel val my bloeddruk onsettend laag en die narkotiseerder kry nie ‘n
aar om in te spuit nie.
Ek maak my oe toe vir ‘n oomblik en vra “Ag Here
wees U in beheer van hierdie operasie en
laat die dokter net ‘n aar vind, in Jesus Naam Amen.
Toe ek my oë
oopmaak sien ek duidelik hoe staan Jesus se gestalte agter die dokter! Die Dr sê, Gits kyk
hoe pop jou are nou op” en hy spuit my in.
Die operasie was ‘n baie groot sukses en ek dank
die Here elke dag vir Sy liefde en genade en dat Hyself inbeheer was van die
hele operasie en narkose.
Ons dien ‘n wonderlike God van wonders en liefde
en ek wil Hom al die eer en lofsange toesing vir Sy Almagtigheid en Bo menslike
liefde vir ons.
Sylvia
NAHUM 1:7
Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die
wat by Hom skuil.

No comments:
Post a Comment