Powered By Blogger

Wednesday, 1 June 2016

Jesus red 'n huwelik!

Image result for cross


Daar is geen perke in gebed nie!

Hierdie is ‘n getuienis wat ek annoniem wil plaas asseblief.

My swaer het ‘n verhouding vir baie lang tydperk gehad en almal het daarvan geweet behalwe my suster. Niemand wou haar daarvan vertel nie, omdat almal bang was om haar seer te maak. Intussen het hy my suster al hoe kouer en leliker behandel en hulle huwelik was regtig op die rotse.

Ek bid en vra dat God aan haar sal openbaar wat aangaan in haar man se lewe, sodat sy sal ophou om haarself te blameer omdat hulle huwelik nie suksesvol is nie.

Twee weke nadat ek dit gebid het, en al vergeet het dat ek dit gebid het, kom my suster na my in trane. Sy het haar man se laptop oopgemaak en ‘n e.pos gekry waar hy en ‘n ander vrou met mekaar gesels en sy kon duidelik sien dat dit ‘n verhouding is nie net ‘n gesels nie.

Sy het met haar man oor dit gepraat, hy  het dit alles ontken, sy wou skei! Haar hart was in 1000 sukkies. Weer bid ek en vra asseblief Here red hierdie huwelik.

Alhoewel sy wou skei, wou haar man  nie skei nie, hulle het gegaan vir huweliksberading, en in een van die sessies sê hy vir haar “My vrou, ek weet ek het jou seer gemaak, en ek is jammer, ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie, maar ek weet nou dat ek jou moes verloor, om te besef wie jy is, sal jy dit asb in jou hart kan vind om my te vergewe want ek wil en kan jou nie verloor nie”

Dit het ‘n rukkie geneem, maar hulle huwelik is nou sterker as ooit te vore, dit is amper asof hulle pas getroud is!

Net die Here kan sulke vergifnis in mens laat plaasvind, en net die Here kan ‘n huwelik so seen dat hulle na 20jr se huwelik lyk asof hulle pas getroud is.

Satan wou verwoes, maar Jesus het gered! Dankie Jesus vir hierdie pragtige gesin en getuienis.
Amen


MATTHEUS 19:5  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;

MATTHEUS 19:6  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. 



No comments:

Post a Comment