Powered By Blogger

Thursday, 9 June 2016

Hemelse Vader red my lewe van dwelms.


Image result for cross



3 JAAR SKOON VANDAG!!!!

 Ek kan steeds nie glo waar ek was (foto links) en waar ek nou is (foto regs) en ek WEET met God in my hart is daar geen terugkeer! My hart breuk vir die mensies daar buite wat nog vasgevang is, vriende en familie wat die seer saam die verslaafdes moet dra. Ek bid vir elke liewe een van julle elke dag. 

Ek voel so gebless, soveel liefde en dankbaarheid in my hart. Sonder God sou ek dit nooit kon en kan doen nie!

Dankie ook vir elke liewe mens wat vir my gebid het en bygestaan het, my liefdehad het en in my geglo het toe ek nie myself kon liefhe en geen hoop meer gehad het nie. Spesiale dankie aan Oorwinnaars Middelburg, Freedom Recovery Centre en Middelburg Observer, almal wat my steeds bystaan en hierdie awesome daggie saam met my in dankbaarheid deel. 

Grootste dank aan my Hemelse Vader vir al Sy liefde en genade in my lewe, my pragtige dogtertjie waarmee Hy my geseen het en elke liewe dag se wakker word as 'n sterk en gesonde mamma. 

Blessings vir almal!

Monique Germishuizen
 7 June 2016




JES 40:31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. 

FILIPENSE 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. 





No comments:

Post a Comment