Powered By Blogger

Monday, 20 June 2016

Liefde Onverdiend


Image result for cross
Dit was die eerste keer dat ek en my dogter saam was op ‘n Vadersdag. Sy was by geboorte aangeneem. Dit was ‘n fout, ‘n baie groot fout.

Vier jaar later is ek Wedergebore. Die volgende oggend in my kantoor  hoor ek duidelik die stem van die HERE wat sê: “Jy word verantwoordelik gehou vir die sieleheil van jou kind, nie die aanneemouers nie, want mens mag nie jou verantwoordelikhede in die lewe op ander mense afskuif nie.
Ek het dit onmiddellik begryp en wou my kind met all mag en hoop terughê. Ek wou regmaak wat ek verbrou het. Ek kon haar nêrens vind nie en het besef ek het net een opsie, ek moet elke dag van my lewe vir haar bid, dat die HERE haar siel sal red. Ek het.

Toe ek haar na 44 jaar vind, toe was sy as skoolmeisie gered.

Ons was saam in die kerk op Vadersdag. Ek was op my gemak. Die diens was mos vir ander mense bedoel. Hulle vra kinders moet na vore kom en nagmaal kom haal om hulle vaders te bedien. Steeds is ek rustig en skielik staan my dogter op en stap vorentoe. Ek kliek nog nie. Toe sy daar voor omdraai met die wyn en die brood toe weet ek, sy gaan vir die eerste keer in haar lewe haar pa op ‘n Vadersdag kom seën.

Toe loop my trane al. Sy’t gekom, my bedien, my gekus en gesê: Geseënde Vadersdag pappa. Ek is baie lief vir jou.”

“En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders...” Luk 1:17. Maleagi het al profeteer: "Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders versoen...." Mal 4:5-6

No comments:

Post a Comment