Ek word gevra om vir ‘n man te bid vir
werk. Hierdie is ‘n moeilike mens, glad nie ‘n mense-mens nie en kom nie met
mense oor die weg nie, maak van ‘n moshoop ‘n berg, oorreageer oor alles en is
moedswillige oor alles.
Maar aan die einde van die dag het God
hom ook geskape en sal God vir hom ook voorsien, so ek bid die Woensdag vir hom
en vra dat hy werk sal kry en dat die werk wat hy kry by sy persoonlikheid sal
pas, asook kan God sy oë oopmaak sodat hy kan sien hoe hy oorreageer op alles
en hom help om sy persoonlikheid te verander.
Die Saterdagmiddag ontvang ek ‘n sms
van sy vriendin dat hy werk gekry het en begin die Maandag te werk. Teen die
volgende Woensdag ontvang ek weer ‘n sms van haar wat sê dat hy vir haar gesê
het dat hy begin verstaan hoekom mense se hy oorreageer, hy het net skielik
agtergekom dat hy dit doen!
Hoe wonderlik is dit nie om te weet
dat ons vir ander kan intree en dat God hulle lewens sal aanraak nie? God is
getrou aan Sy Woord.
Die gebed van ‘n regverdige dra groot
krag. Bid sonder ophou en Paulus sê “bid tot jou vreugde groot is”
Al die eer en dank aan ons getroue God
van liefde.
Jesus Liefde aan elkeen
PSALMS 37:4
en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou
hart.

No comments:
Post a Comment