Ek onthou toe ek net tot bekering
gekom het, het God op my hart gelê dat ek
vir die siekes moet bid vir genesing. Omdat ek nie gewoond was daaraan
om hardop te kon bid nie, het ek vreeslik baklei teen die gedagte wat bly opkom
het, ek was op daai stadium baie skaam en teruggetrokke, en sou ek vir iemand
bid en ek maak ‘n fout in die gebed, glo en nie ek sou ooit weer vir iemand kon
bid nie.
Eendag, nadat ek weer die gedagte
sterk beleef het, het ek gebid en gevra as dit dan regtig God se wil is dat ek
vir die siekes moet bid, kan Hy dit asb in die Bybel vir my bevestig, terwyl ek
dit bid maak ek sommer net die Bybel oop, ek bid verder en nadat ek gebid het
kyk ek waar die Bybel oopgemaak is. Ek kon nie glo wat ek lees nie, presies wat
ek in gebed gese en gevra het staan duidelik in die Skrif wat voor my oop lê.
Jeremia 1…veral vanaf vers 5
JER
1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot
gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het
Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.
JER
1:6 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE,
voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.
JER
1:7 Maar die HERE het vir my gesê:
Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en
wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.
JER
1:8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want
Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE.
JER
1:9 Toe het die HERE sy hand uitgestrek
en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in
jou mond.
JER
1:10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die
nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te
verwoes, om te bou en te plant.
Die heel eerste persoon na wie die
Here my gestuur het was my eie siek pa. EK het die dag vir hom gebid, en was
nog besig om te bid vir genesing toe die Heilige Gees oorneem en ek vra skielik
my pa of Hy vir Jesus al aangeneem het as sy Verlosser. Hy het ja geantwoord en
gevra dat hy dit weer wil doen. Hy het agter my aangesê dat hy Jesus aanneem as
Verlosser en sy sonde bely voor Jesus.
‘n Week later is my pa oorlede, ek is
so dankbaar dat die Here my na Hom gestuur en sodat hy sy lewe met Sy Verlosser
kon regmaak voor dit te laat was. Maar dankie ook God dat U getrou is aan U
Woord want U het daardie dag my lippe aangeraak en die Heilige Gees het my
gerig en gestig om daai gebed te kon doen, nie net vir my pa se siel om gered
te word nie, maar ook om vir my die wete te gee dat my pa na Jesus gegaan het
toe hy oorlede is.
Vers 10 het ook in vervuling gekom in
my lewe. Ek is vandag al 12jaar in die bediening en het mense reg oor die
wereld al gehelp met geestelike bystand en raad.
Al die eer en lof aan ons Getroue
Vader, die genade van Jesus en die wysheid van die Heilige Gees.
Oorvloedige Jesus seen vir almal
Belinda
OPENB 3:20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur
oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
OPENB 3:21
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos
Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
OPENB 3:22
Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

No comments:
Post a Comment