Powered By Blogger

Wednesday, 1 June 2016

God voorsien finasiële deurbraak binne ‘n week.


Image result for cross
Ek bid vir ‘n vriend van my dat God vir hom deure sal oopmaak vir finansiële verligting in sy lewe. Hy is baie hardwerkend maar sy inkomste is min en hy sukkel om al sy verpligtinge na te kom. Ek vra dat sy base se oë sal oopgaan en hom sal raaksien in die maatskappy, hoeveel ekstra ure hy insit in sy werk en hoe suksesvol hy is in al die projekte wat hy aanpak.

‘n Week later vertel hy my dat sy baas hom ingeroep het en meegedeel het dat hulle sy harde werk waardeer en dat hulle besluit het om hom te bevorder na ‘n bestuurspos. Behalwe dat hy dan ‘n hoër salaris sal kry gaan hulle ook na ‘n kommissie struktuur kyk op die projekte waarmee hy werk.

 Nadat hierdie deur vir hom oopgemaak is deur net God, is hy ‘n jaar later aangestel as een van die Direkteure van die maatskappy en werk hy vandag as die Besturende Direkteur van die Maatskappy.

Jesus het gesê: (Joh 10:10) Die duiwel kom om te roof, steel en slag, Ek het gekom dat julle kan lewe in oorvloed! Hierdie is ‘n getuienis van daardie een versie in die Woord. Want my vriend leef nie net in finansiele oorvloed nie maar ook in ‘n gelukkige huwelik met 2 kinders en ‘n geestelike oorloed wat hy daagliks oordra na sy kinders toe.

Dankie Jesus dat U die Woord waar maak!


U kry al die glorie vir al die goeie dinge in ons lewens.


JES 26:4  Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots. 

1 comment:

  1. Amen! Wat 'n mooi getuienis. Die Here is getrou en help Sy kinders. vandag is daar soveel wit mense sonder werk dit is lekker om so iets positiefs te kan lees. dankie vir die blog mag dit geseend wees.

    Groete
    Annelie Smith

    ReplyDelete