Powered By Blogger

Wednesday, 1 June 2016

Jesus verlos my van rook.

Image result for cross
Ek het baie lank gesukkel om op te hou rook. Die goed het so mag oor my gehad, ek het gebid en gevra vir hulp, maar gevoel ek kry dit nie, min het ek besef dat wanneer jy God vra om jou te verlos van gewoonte sondes, daai gebed onmiddelik verhoor word!

Die Sondag na die gebed gaan ek kerk toe en daar preek die pastoor oor gewoonte sondes, soos drink en rook, en noem dat God daai gebed onmiddelik verhoor, as ons dan aanhou met rook is dit ons eie vrye wil. Dit was asof die pastoor geweet het wat ek die week gebid het.

Ek het na kerk by die huisgekom gebid en gevra dat Jesus my vrymaak en verlos van rook en het my sigarette gebreek en weggegooi. Dit was op 18/08/2008!


Prys die Here!

HABAKUK 3:19  Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. 

No comments:

Post a Comment