Ek bid vir ‘n vriend van my dat God
vir hom deure sal oopmaak vir finansiële verligting in sy lewe. Hy is baie
hardwerkend maar sy inkomste is min en hy sukkel om al sy verpligtinge na te
kom. Ek vra dat sy base se oë sal oopgaan en hom sal raaksien in die
maatskappy, hoeveel ekstra ure hy insit in sy werk en hoe suksesvol hy is in al
die projekte wat hy aanpak.
‘n Week later vertel hy my dat sy baas
hom ingeroep het en meegedeel het dat hulle sy harde werk waardeer en dat hulle
besluit het om hom te bevorder na ‘n bestuurspos. Behalwe dat hy dan ‘n hoër
salaris sal kry gaan hulle ook na ‘n kommissie struktuur kyk op die projekte
waarmee hy werk.
Nadat hierdie deur vir hom oopgemaak is deur
net God, is hy ‘n jaar later aangestel as een van die Direkteure van die
maatskappy en werk hy vandag as die Besturende Direkteur van die Maatskappy.
Jesus het gesê: (Joh 10:10) Die duiwel
kom om te roof, steel en slag, Ek het gekom dat julle kan lewe in oorvloed!
Hierdie is ‘n getuienis van daardie een versie in die Woord. Want my vriend
leef nie net in finansiele oorvloed nie maar ook in ‘n gelukkige huwelik met 2
kinders en ‘n geestelike oorloed wat hy daagliks oordra na sy kinders toe.
Dankie Jesus dat U die Woord waar
maak!
U kry al die glorie vir al die goeie
dinge in ons lewens.
JES 26:4
Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.

Amen! Wat 'n mooi getuienis. Die Here is getrou en help Sy kinders. vandag is daar soveel wit mense sonder werk dit is lekker om so iets positiefs te kan lees. dankie vir die blog mag dit geseend wees.
ReplyDeleteGroete
Annelie Smith