Powered By Blogger

Wednesday, 1 June 2016

Heilige Gees leer my die Woord!

Image result for cross

Gelykenis van die saaier! 

Ek is ‘n baie skaam mens en doen baie Bybel studies om my kennis van die Woord te hê en die Woord te ken soos God sê: Skryf My Woord op die tafels van jou hart.

Na jare se studies sukkel ek nogsteeds om goed in die Bybel te onthou, en is ek te skaam om dit oor te dra na ander. Ek bid en vra dat God my sal help dat ek die goed wat ek leer kan onthou asook dat ek dit weer kan gebruik om die evangelie te kan verkondig.

Na my gebed neem ek die Bybel en maak dit oop om my daaglikse Woord te lees, en hierdie oggend maak ek oop op Mark 4 Die gelykenis van die saaier, waar die saad op vrugbare grond val en groei.

Van daardie dag af het my kennis in die Woord vergroot en vermenigvuldig, eendag bel ‘n vriendin wat weet dat ek baie studies doen en vra sy het hulp nodig kan sy met my kom praat oor die Bybel, ek antwoord met die grootste plesier, na die oproep gaan bid ek en vra “Here asb laat ek vandag uit U mond praat nie my eie nie”, en God gee my Skrif!

 Mark 4:10  “Aan julle is die insig in die geheim van die Koningkryk van God gegee”

Ek wil net vir ander sê wat dalk ook sukkel om die Woord te kan onthou, bid en vra vir kennis en openbaring van die Woord, glo my jy sal verbaas wees hoe God hierdie gebed van jou gaan verhoor as jy glo dat dit verhoor is! God wil hê dat ons Sy Woord moet ondersoek en ken, sodat ons nie gevang kan word deur satan nie, maar ook sodat ons die Evangelie aan ander kan verkondig, en ander kan bemoedig en raad gee, en omdat dit God se wil is, sal Hy die gebed dadelik verhoor.

Wees geseend in die Woord van God wat was, en is, en altyd sal wees!
Halleluja!! Al die eer aan Koning van die Heelal

God se vrede met u almal.



1 JOH 2:27  En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. 


2 comments:

  1. More almal,

    Ek het ook ‘n soortgelyke getuienis, ek het gebid en gevra dat God Sy Woord vir my moet leer, en indien dit nodig is dat Hy mense op my pad moet stuur wat my kan leer. ‘n Maand na my gebed het ek twee pastore ontmoet. Past Louis de Kock deur wie ek toe ‘n Bybelstudie gedoen het, en Past Willie Senekal wat my baie gehelp het deur Skrif aan my te verduidelik. Ek stem saam met hierdie skrywer. Wanneer ons God vra om Sy Woord vir ons te leer of openbaar, Hy is getrou en sal ons dadelik help.
    Al die Glorie aan ons getroue Vader.

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam wanneer ons God vra om Sy Woord aan ons te openbaar sal Hy maar ons moet Sy Woord elke dag bestudeer sodat ons kan leer, nie dit net eendag doen en weer los nie. Dankie Heilige Gees dat U ons beter leer as enige iemand anders.

    Groete
    Sonè

    ReplyDelete